Hoe om deeglik voor te berei vir jou Matriek eksamen

Datum Gepubliseer: 23 September 2020

Hier is die beste raad vir jou voorbereiding vir die matriek eksamen.

My beste raad – die kort lys

  • Ontspan
    • Voor jy jou begin bekommer oor jou eksamen, leer om te ontspan. Stress en kommer maak dat jy net meer sukkel om te studeer. Maak tyd vir die dinge wat jou stres sal verminder.
  • Beplan ruspouses as jy studeer. Gaan loop ‘n entjie elke dag – dit sal help om jou rustiger te maak.
  • Skep ‘n studie-kalender – Wanneer jy werk met ‘n plan, werk jy beter!
  • Gebruik gratis studiegidse – Hier kan jy studiegidse kry.
  • Vra vir hulp – Jou onderwysers gee waarskynlik ekstra klasse. En daar is nou ook matriek hulp op televisie. Miskien het jy net iemand nodig om mee te praat. Almal wil sien dat jy goed doen in matriek! So VRA vir hulp.
  • Kry genoeg rus. Studeer slimmer, nie langer nie. Genoeg slaap, en genoeg ruspouses as jy studeer, maak dat jy beter jou werk onthou. Deurnag swot werk nie! Jy maak net jouself moeg.
  • Gebruik ou vraestelle om jou kennis te toets.

Vier idees oor studeer van ‘n sielkundige

Raydene Naidoo, ‘n sielkundige, deel vier belangrike idees wat jou sal help voorberei vir jou matriek eksamen.

  1. Ken jouself
    Wees eerlik met jouself, en trek ‘n lys op van jou sterkpunte en swak punte. Jy weet wat jou ontstel, en wat jou help kalmeer. En jou emosionele gesondheid is van kardinale belang. As jy jou emosies positief kan hou, dan studeer jy baie beter.
    Wanneer jy jou studieplan opstel, dink oor hoe die plan by jou eie sterk- en swak punte kan inval. As jy gou verveeld or moeg raak, beplan meer pouses. Moenie beplan om vir 3 ure te studeer as jy weet jy kan nie langer as ‘n uur op ‘n slag konsentreer nie.
  1. Bepaal jou beste studietye
    Ons het alma tye in die dag wat ons baie energie het, en ons beste werk doen. So beplan jou werk vir wanneer jy weet jy op jou beste is. En as jy weet wanneer in die dag jy regtig nie energie het nie, gebruik daardie tye om te gaan stap en om te rus.
  1. Moenie net daaroor dink nie! Begin jou studiekalender opstel; deel dit met ander studente; en hou by jou plan
    Maak ‘n studierooster wat jy by sal kan hou. En deel dit met jou vriende en familie. Sodat hulle weet wanneer jou rustye is. En dat hulle weet wanneer om jou nie te pla nie.
    As jy jou studieplan met familie en vriende deel, dan word dit ook deel van die positiewe druk om jou te help om te hou by jou plan.
  1. Jou gesondheid en emosionele welstand is baie belangrik
    Die matriek eksamen is baie stresvol. Jou eie welstand en emosionele gesondheid kom eerste. Eet gesond, kry genoeg slaap, doen oefeninge (al is dit so eenvoudig as om te gaan stap elke dag). As jy moeg en emosioneel voel, vra vir hulp. Praat met iemand wat jy vertrou.

Raad oor hoe om te studeer van die Departement van Basiese Onderwys

  1. Maak seker jy het al jou studiemateriaal voordat jy begin leer.
  2. Bly positief. Onthou hoe belangrik matriek is, maar onthou ook dat jy ‘n tweede kans sal kry as jy nie met jou resultate tevrede is nie.
  3. Gaan stap buite. Vars lug help jou leer!
  4. Verdeel jou dag in verskillende studie-sessies. Jy kan nie alles op een slag studeer nie. Jou brein het tyd nodig om dit wat jy leer te verwerk.
  5. Probeer kleure en prentjies te gebruik in jou studies.
  6. Kry genoeg rus. Jy het ses to agt ure slaap nodig elke dag.
  7. Kry iemand wat jou sal help om jou werk te hersien.
  8. Identifiseer die gedeeltes waarmee jy sukkel, en fokus op daardie werk. Sodat jy meer selfvertroue het wanneer jy jou eksamen gaan skryf.
  9. Aanhouers wen! Hou aan studeer en hersien en jy sal dit regkry.
  10. Gun jouself genoeg rustyd.

Planne om jou beter te help leer

  1. Skep jou eie nota stelsel
    Gebruik ‘n stelsel wat jy weet goed werk vir jou. Dalk verstaan en leer jy beter deur notas te skryf en te lees. Dalk is “mind maps” eerder jou ding. 
  1. Verander lees-sessies na aktiewe leersessies
    Soos jy deur jou werk lees, maak notas van die belangrike punte. Sodat jy aktief besig is en nie net die werk deurlees nie.
  1. Gebruik aktiewe memorisering
    Om net alles te probeer onthou is moeilik. Probeer prentjies teken (|”mind maps”), rympies opmaak, en afkortings maak van belangrike punte. Jou brein onthou baie beter as daar konneksies is tussen wat jy alreeds weet, en dit wat jy probeer onthou. 
  1. Gereelde ruspouses
    Onthou dat ruspouses en buitelug baie goeie raad is om jou rustig en gefokus te hou.
  1. Vra baie vrae
    Hoe meer vrae jy vra, hoe beter sal jy onthou. En die beste manier van leer is as iemand jou vrae vra, en jy die werk aan hulle moet verduidelik.

Skep ‘n studie kalender

Vir jou matriek eksamen moet jy ‘n kalender optrek vir elke dag. Dit is dieselfde as jou klasrooster. Jy verdeel jou dag in segmente van 45 minute of ‘n uur. En dan beplan jy wat in elke segment geleer moet word.

Vind ‘n voorbeeld van ‘n studie kalender hier.

Maak ‘n studie-rooster wat werk vir jou

‘n  Studie-rooster moet inpas by jou persoonlike manier van studeer. Jy kan nie skielik jou natuurlike manier van studeer verander net voor die matriek eindeksamen nie!

Dink oor die volgende:

  • Wat is jou doelwit? Wat will jy bereik met jou studie plan?
  • Wat is die beste omgewing vir jou om te studeer? Jou kamer? Of eerder die biblioteek?
  • Breek jou tyd op in leersessies. Moenie alles op een slag en in een leersessie probeer leer nie. Doen byvoorbeeld een of twee hoofstukke op ‘n slag; eerder as om die hele boek te probeer leer!
  • Skryf neer wat jou belangrike take is elke dag. En die tyd wat jy beplan vir daardie take.

Gebruik ou vraestelle

Ou vraestelle is een van die beste maniere van leer. Doen die vraestel as ‘n toets-eksamen. Hou by die tyd voorop die vraestel. Moenie kroek nie! En merk dan die vraestel na die tyd. Jy kan dit selfs saam met ‘n paar klasmaats doen. Hierdie plan sal baie vinnig vir jou wys watter gedeeltes van die werk jy ken, en watter gedeeltes jy mee sukkel.

Jy kan ou vraestelle hier kry.

Hoe lank moet jy studeer vir elke vak?

Is tien dae genoeg tyd om voor te berei vir ‘n eksamen?

Elke leerder is verskillend. So daar is nie ‘n spesifieke hoeveelheid tyd wat mens nodig het om deeglik voor te berei vir jou eksamen nie. Die beste plan is om jou studies te beplan en te begin terwyl jy nog baie tyd oor het.

Jy hoef nie te wag tot jou onderwysers vir jou ‘n studie rooster uitwerk nie. Doen dit sommer self! Die finale eksamenrooster is hier. So gebruik dit om jou te help om jou studierooster te beplan.

Hoeveel uur moet ‘n matriek student elke dag leer?

Matriek leerders spandeer ses tot agt ure per dag aan hul studies. Die tyd moet natuurlik opgedeel word vir jou persoonlike studie rooster.

Wat is die beste tyd van die dag om te studeer?

Dit hang alles af van jouself. Jy sal weet watter tyd van die dag jy die meeste energie en fokus het. Dink bietjie watter tyd van die dag voel jy op jou slimste!

Matriek Eksamens – Belangrike Inligting

Hoe om die beste punte te kry

  • Dit is nooit te vroeg om te begin studeer nie.
  • Maak seker jy is nooit agter met jou skoolwerk nie.
  • Bly toegewyd aan jou studie rooster.
  • Vermy aandagaftrekkers
  • Vra vir hulp! As jy sukkel met ‘n vak, vra onmiddelik vir hulp.
  • Doen ekstra moeite. Maak studienotas, doen gereeld oorsig, begin ou vraestelle uitwerk.

Die vereistes vir ‘n “Bachelor’s Pass”

Om universiteitstoelating te kry het jy ‘n “Batchelor’s Pass” nodig. Dit beteken:

  • Ten minste 40% vir jou Eerste Taal (Home Language),
  • Ten minste 50% vir vier ander vakke; uitgesluit Lewensorientering,
  • Ten minste 30% in die taal wat jy studeer,
  • Ten minste 30% in een ander vak,
  • Moet ten minste 6 van die 7 vakke slaag.

Die vereistes vir Slaag met Diploma Toelating

Om te slaag met toelating tot Diploma studies het jy die volgende nodig:

  • Ten minste 40% vir jou Eerste Taal (Home Language),
  • Ten minste 40% vir drie ander vakke; uitgesluit Lewensorientering,
  • Ten minste 30% in die taal wat jy studeer,
  • Moet ten minste 6 van die 7 vakke slaag.

Hoe om gemotiveerd te bly in die eksamen

Bly toegewyd

As jy sukkel om te begin, en sukkel om aan te hou studeer, dan moet jy ‘n plan maak! Moenie jouself met ander studente vergelyk nie. Die lewe is ‘n langafstand sport, nie ‘n 100m resies nie.

Almal het verskillende maniere van leer. Probeer dink wat is die beste manier van leer vir jou. En dan beplan jy om op daardie manier te leer.

Hou by ‘n studie plan

‘n  Studieplan is ‘n goeie manier om jouself by jou plan te hou. Dit help jou selfdissipline ontwikkel. Deel jou plan met familie en vriende, sodat hulle jou ook kan help om by jou plan te hou.

Kry jou houding en jou studiespasie reg!

  • Gaan stap, of doen bietjie oefening om jou bloed aan die beweeg te kry.
  • Trek gemaklike klere aan.
  • Maak jou studiespasie reg. Maak seker al die studie materiaal is byderhand.
  • Skakel jou foon af!
  • Hou ‘n bottle water en ‘n klein versnaperingkie byderhand.

Gebruik hulpmiddels

Jy kan studiegidse kry op die Departement van Onderwyse se webwerf, hier.  Jy kan jou eie studie plan optrek vir elke vak, en elke dag. Gebruik flitskaarte met kort lysies van al die belangrike punte wat jy moet ken.

Jy kan ook jou eie vraestel opstel met al die belangrike vrae wat jy verwag in die eksamen. En daar is natuurlik altyd ou eksamen vraestelle – die heel beste manier van leer!

Skrywer: Jan Badenhorst, CEO, Matriek Kollege