Wat is Volwasse Matriek?

Volwasse Matriek is ‘n tweede kans vir enige iemand, wat vir watter rede ook al, nie hul matriek jaar voltooi het nie. 

Sodra jy vir jou Volwasse Matriek geregistreer het, sal ons by Matriek Kollege  jou help om 6 vakke te kies wat die beste by jou pas.  Ons sal jou ook help voorberei vir jou eksamen en sal jou help om meer doeltreffend te studeer sodat dit weerspieël in jou uitslae. 

Met jou Volwasse Matriek sertifikaat kan jy aansoek doen by universiteite en studeer vir ‘n graad. Dit is nooit te laat om te begin werk aan ‘n goeie loopbaan  nie.

Hoe werk dit?

Indien jy nie jou matriek of die ekwivalent van matriek geslaag het nie, kan jy steeds jou matriek jaar voltooi. 

Met Matriek Kollege, kry jy ‘n tweede kans om jou matriek te kry en jou loopbaan op die regte manier te begin.

Aansoek Vereistes

Indien jy belangstel om aansoek te doen vir Volwasse Matriek, moet jy aan die volgende vereistes voldoen: 

  • Graad 9 sertifikaat:  Om aansoek te doen vir Volwasse Matriek, moet jy ‘n graad 9 sertifikaat hê.  Onthou dat jy kan nie met ‘n beëdigde verklaring aansoek doen nie.
  • Jy moet ouer as 21 jaar oud wees:  Jy moet ouer as 21 wees om die eksamen te kan skryf.  Jy sal nie toegelaat word om die eksamen te skryf as jy nog nie 21 is nie.

Kan ek op die ouderdom van 19 aansoek doen?

Ja, jy kan aansoek doen vir Volwasse Matriek terwyl jy 19 is.  Hoewel jy egter eers toegelaat sal word om jou eerste volwasse matriek te skryf op die ouderdom van 21.

  • Registreer nou vir jou Volwasse Matriek
  • Begin nou al jou vakke studeer
  • Raak 20 jaar oud teen die einde van April 2021
  • Gebruik volgende jaar om te studeer
  • Registreer vir jou eerste eksamen – Eksamen registrasie vind plaas November/Desember 2021
  • Berei jouself voor vir die eksamen!
  • Raak 21 jaar oud einde April 2020

Om meer uit te vind hoe om aansoek te doen op die ouderdom van 19, klik hier.

Hoe lank neem dit om Volwasse matriek te doen?

Volwasse Matriek is ‘n drie jaar voltydse kursus wat alle werk vanaf graad 10 tot matriek dek.  Jy sak ‘n eksamen vir elke vak skryf.  Die eksamen punte sal jou finale eksamen resultate wees, daar is geen klaswerk punte nie. 

Gedurende die drie jaar het jy genoeg tyd om te studeer en ook die geleentheid om jou eksamens uit te spasieer.  Op die manier kan jy registreer op die ouderdom van 19, en sal dus 21 jaar oud wees wanneer jy jou eksamens skryf.

Die verskil tussen Hoërskool matriek en Volwasse matriek

Die enigste verskil tussen hoërskool matriek en Volwasse Matriek is die ouderdom wanneer jy dit voltooi.  Albei sertifikate word geakkrediteer deur Umalusi en lyk presies dieselfde. 

Of jy nou matriek voltooi deur hoërskool of as Volwasse Matriek die sertifikaat beteken presies dieselfde. 

Fooie

Vir meer informasie oor die fooie, kontak Matriek Kollege by 012 762 7100 en praat met een van ons opgeleide konsultante.

Hoe dit werk

Stap 1 – Registrasie
Tydens registrasie, sal ons jou help om gepaste vakke te kies, daarna help ons jou ook voorberei om goed te vaar in daardie vakke. Ons help jou fokus op die vakke waarin jy punte moet verbeter.  Dit sal jou help om meer effektief te studeer en genoeg tyd het om voor te berei vir jou eksamens.

Stap 2 – Aflewering
Jou eerste pakkie, met al jou studie materiaal word by jou afgelewer, na suksesvolle registrasie en eerste paaiement betaal is.  Jou pakkie word afgelewer deur ons koerier binne 5 tot 7 dae, nadat eerste paaiement betaal is. Jou tweede pakkie word afgelewer na ontvangs van jou tweede paaiement, ens.  In gevalle waar studente die volle kursus fooie betaal het, word al die studie materiaal op een slag koerier.

Sodra jy by ons geregistreer het, kan jy onmiddellik begin studeer na ontvangs van jou eerste pakkie.  Jy hoef geen ekstra boeke te koop nie, ons voorsien jou van al die korrekte handboeke.

Stap 3 – Voorbereiding
Ons sal jou help voor berei vir eksamen deur studie materiaal, ou eksamen vraestelle en addisionele studie materiaal wat ons ontwerp het en aanlyn gevind het. 

Jou tutor is beskikbaar aanlyn, whatsapp, epos en telefoon.  Ons sal jou al die pad ondersteun om seker te maak jy kry die resultate wat jy wil hê.

Stap 4 – Eksamen
Jy moet vir jou eie eksamen registreer.  Ons sal help met al die nodige inligting wat jy nodig het om te registreer.

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler:  Michelle Faddel
Laas Opgedateer: 9 November 2020

Voordele Van Registrasie By Ons

Gewaarborgde plek in die eksamen

Bekommerd oor die plek in ‘n eksamen sentrum? Ons waarborg dat ons vir jou n sitplek sal vind, of dat jy volle terug betaling sal kry.

Individuele hulp

As ‘n aanlynstudent vir afstandsonderrig is jy in ‘n klas van een. Jy kry al die hulp wat jy nodig het.

Diens waarborg

As jy nie tevrede is met ons diens nie, kan jy jou studies by ons stop – en op daardie stadium op hou betaal.

Maklik om te kontak

Jou onderwyser is per epos, telefoon en WhatsApp beskikbaar. Ons vind dat WhatsApp regtig goed werk vir ons studente.

Registreer By Ons

Vul hierdie vorm in as jy by ons wil registreer. Ons sal jou so gou as moontlik kontak om die besonderhede van jou registrasie met ons te bespreek.

  • Ons sal jou terugbel sodra daar 'n lyn beskikbaar is.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.