Ons Help Jou Om Jou Matric Eksamen Te Voltooi Of Herskryf

Waarmee wil jy hê moet ons jou help?

Wie Is Ons

Matriek kollege is ‘n spesialis in afstandsonderrig wat jou help om jou matriek te verwerf. As jy jou matriekeksamen wil herskryf, of jou matriek as volwassene, ouer as 21 wil behaal, kan ons jou help. Ons werk al baie jare met studente op afstand.

Ons verstaan die frustrasie om nie ‘n matrieksertifikaat te hê nie, of om ‘n matrieksertifikaat te hê wat jou nie toegang tot verdere studies gee nie. Ons sal jou help om jou matriek te slaag, matriek te verbeter en jou matrieksertifikaat te verwerf. Ons hou aan om jou te help tot dat jy deur is.

Wat Ons Doen

Ons help jou om jou matriek te verwerf of te verbeter. Ons verstaan die probleme wat studente ervaar sodra hulle die skool verlaat. Ons help om jou droom van die matrieksertifikaat wat jy verdien, te verwesenlik. Ons hou jou hand en lei jou stap by stap.

Hoe Ons Dit Doen

Ons registreer jou op ons digitale leer platform. Daar vind jy jou onderwysers, medestudente, studiemateriaal en al die items wat jy benodig om jou matriek suksesvol te kan doen. Ons registreer jou ook vir die eksamen, en ons verseker dat jy plek in ‘n eksamensentrum kry.

Ons Maak Leer Maklik

Studeer van die huis af

Alles wat jy benodig vir jou studies, is aanlyn op ‘n app wat op jou foon of tablet werk.

Individuele hulp

As ‘n aanlynstudent vir afstandsonderrig is jy in ‘n klas. Jy kry al die hulp wat jy nodig het.

Versorgende personeel

Ons is mal daaroor om met studente te werk en doen ons bes om jou matriek deur te gee … Ons gee nie moed op nie!

Maklik om te kontak

Jou onderwyser is per e-pos, telefoon en WhatsApp beskikbaar. Ons vind dat WhatsApp regtig goed werk vir ons studente.

Registreer Met Ons

Vul hierdie vorm in as jy by ons wil registreer. Ons sal jou so gou as moontlik kontak om die besonderhede van jou registrasie met ons te bespreek.