Herskryf Matriek Eksamens
As jy nie tevrede is met jou matriekuitslae nie, kan jy sommige of al jou vakke herskryf. Dit word ook die Tweede Kansprogram genoem deur die Departement van Onderwys.
Om jou matriek op te gradeer, Matriek te herskryf, aanvullende matriekeksamens te skryf en die tweede kansopsie vir matriekstudente … dit is alles dieselfde. Al hierdie studente skryf dieselfde jaarlikse eksamen in Mei en Junie.
Hoe Dit Werk
Stap 1. Registrasie
Stap 2. Aflewering
Stap 3. Voorbereiding
Stap 4. Eksamen
Stap 1. Registrasie
Tydens jou registrasie help ons jou om vakke te kies wat die beste by jou pas, en berei ons jou voor om goed te doen in daardie vakke. Ons help jou om te fokus op die vakke waar jy beter punte benodig. Dit help jou om meer effektief te studeer en die tyd wat jy benodig om vir die eksamen voor te berei beter te benut.
Stap 2. Aflewering
Sodra jou registrasie suksesvol voltooi is, Lewer ons al jou studie materiaal af op ‘n app op jou telefoon, tablet of rekenaar.
Sodra jy by ons geregistreer is, kan jy binne minder as 36 uur begin. Jy hoef geen handboeke te koop nie, want ons gee vir jou die regte handboeke aanlyn op die app.
Stap 3. Voorbereiding
Ons help jou om voor te berei vir die eksamen deur jou te help om die studie materiaal, ou eksamen vraestelle en ekstra studie materiaal wat ons aanlyn ontwikkel het, deur te werk.
Jou tutor is aanlyn beskikbaar, op WhatsApp, per epos en per telefoon. Ons help jou stap vir stap om seker te maak dat jy die resultate kry wat jy wil hê!
Stap 4. Eksamen
Ons tref die nodige reëlings vir jou om die eksamen te kan skryf. Ons sorg dat jy plek by ‘n geregistreerde eksamen lokaal het. Ons probeer altyd seker maak dat die lokaal die naaste beskikbare lokaal aan jou is.
Voordele Van Registrasie By Ons
Gewaarborgde plek in die eksamen
Bekommerd oor die plek in ‘n eksamen sentrum? Ons waarborg dat ons vir jou n sitplek sal vind, of dat jy volle terug betaling sal kry.
Individuele Hulp
As ‘n aanlynstudent vir afstandsonderrig is jy in ‘n klas van een. Jy kry al die hulp wat jy nodig het.
Diens waarborg
As jy nie tevrede is met ons diens nie, kan jy jou studies by ons stop – en op daardie stadium op hou betaal.
Maklik om te kontak
Jou onderwyser is per epos, telefoon en WhatsApp beskikbaar. Ons vind dat WhatsApp regtig goed werk vir ons studente.