Datum Gepubliseer: 6 Januarie 2021
Die Departement van Onderwys het die nuwe akademiese kalender vir 2021 vrygestel. Na die onstuimige akademiese jaar, hoop die Departement van Onderwys vir ‘n meer stabiele jaar in 2021.
Verskeie universiteite het ook hul akademiese kalender vir 2021 bekend gemaak en hulle sal later begin as gevolg van die finale matriek uitslae wat later vrygestel word.
Skool Kalender 2021
Volgens die skool kalender, vrygestel deur die Departement van Onderwys, gaan die leerders die 27ste Januarie 2021 terug skool toe.
Afhangende van die Corona virus, mag hierdie skool kalender verander word.
Privaat Skole
Die Vereniging van Onafhanklike Skole van Suider-Afrika het die streek kalender vir die akademiese jaar van 2021 uitgereik. Dit het betrekking tot alle privaatskole in die sentrale streek.
Privaatskole wat deel uitmaak van die Vereniging van Onafhanklike Skole van Suider-Afrika, het die keuse om tussen ‘n 3 of 4 kwartaal kalender te kies.
Tersiêre Kalenders
Verskeie tersiêre instellings het ook hul 2021 akademiese kalenders vrygestel. Dit sluit die volgende in:
- Wits University
- University of Cape Town
- The University of Pretoria
- Stellenbosch University
- TUT
- Rhodes University
- NWU
- Nelson Mandela University
- University of Johannesburg
Laat Eksamen Datums
Nadat skole gesluit het, na die landwye grendel tyd, was die finale matriek eksamen datums geskuif tot laat in November en Desember.
Dit is ook die grootste matriek groep in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat die finale matriek eksamen geskryf het.
Wat beteken dat die aantal vraestelle langer sal neem om gemerk te word. Dit is waarom universiteite later in die jaar oopmaak.
Geen Herskryf
Aangesien die Departement ban Onderwys ‘n verklaring uitgereik het oor die gekanselleerde herskrywing van uitgelekte vraestelle, eindig die matriek eksamens op 15 Desember.
Matriek uitslae kan verwag word teen die 23ste Februarie 2021
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel