‘n Stap-vir-Stap gids vir toegang tot jou Matriek Uitslae

Datum Gepubliseer: 14 Desember 2020

Hier is ‘n paar maniere om te kies vir toegang tot jou matriek uitslae

  • SMS
  • USSD
  • Aanlyn

SMS

Die vinnigste manier om jou uitslae te ontvang is via SMS.  Dit is ‘n vinnige en maklike manier.  Sodra die uitslae beskikbaar is, sal jy ‘n SMS ontvang. Volg hierdie stappe om jou uitslae per SMS te ontvang:

Stap 1:  Stuur jou ID nommer en student nommer na 35658.
Stap 2:  Elke SMS kos R1.50

USSD

Hier is nog ‘n manier om jou uitslae te ontvang via jou selfoon.  Om jou finale uitslae te via USSD te ontvang, volg hierdie stappe: 

Stap 1: Skakel *120*35658# 
Stap 2: Tik jou ID en studente nommer in 
Stap 3: Jy sal versoek word om ‘n paar veel keuse-vrae te beantwoord 
Stap 4: Elke USSD kos R1.50 

Aanlyn

Indien jy gratis toegang tot jou uitslae verkies, kan jy dit op die Departement van Onderwys se webtuiste kry.  Om te registreer, volg hierdie stappe:

Stap 1: Gaan na die skakel, dit sal jou neem na die Departement van Onderwys se webtuiste. 
Stap 2: Teken aan met jou 

  • Studente Nommer 
  • ID Nommer 
  • Jou Persoonlike Inligting

Stap 3: Jy sal nou volle toegang hê tot jou matriek uitslae

Jan Badenhorst, Hoof van Matriek Kollege, praat oor die matriek resultate van die afgelope dekade.

Ander Metodes

Daar is ook ander maniere en webtuistes waar jy jou matriek uitslae kan kry, dit sluit die volgende in:

  • Koerante 
  • Matriek Kollege 
  • Nuus 24

Koerante

Alle matriek uitslae sal die oggend van die vrystelling gepubliseer word.  As jy op die manier jou uitslae wil kry, hoef jy slegs ‘n koerant te koop. 

Matriek Kollege

Matriek Kollege dek al die onlangse opvoedkundige nuus.  Indien jy jou uitslae wil aanlyn wil sien, sonder om êrens in te teken, gaan na die Matriek Kollege se Nuus blad sodra die matriek uitslae bekend gemaak word.  

Nuus24

News24 het ‘n hele blad toegewy aan die matriek uitslae.
Klik hier om jou uitslae op Nuus24 te vind.

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler: Michelle Faddel