Datum Gepubliseer: 14 Desember 2020
Die 2020 matriek resultate word eers in Februarie 2021 vrygestel, dit beteken dat daar ‘n 2-maande wag tydperk vir die 2020 matriek klas sal wees. Hier is ‘n paar dinge waarmee jy jouself kan besig hou, terwyl jy vir die uitslae wag:
- Werk aan jou vaardighede
- Kry ‘n deeltydse werk
- Dink aan jou opsies
- Verstaan wat jy uitslae beteken
Werk aan jou vaardighede
Die tyd tussen jou laaste eksamen en die uitslae se resultate dag, kan jy gebruik om aan jou vaardighede te werk. Dit kan enige iets insluit van skryf tot kodering.
Met universiteite wat eers later in 2021 open, is dit altyd ‘n goeie idee om meer te lees oor jou kursus en probeer om voor die tyd ‘n bietjie werk te doen.
Jy kan selfs nuwe vaardighede in die tyd aanleer en dit op jou CV voeg. ‘n Goeie plek om te begin sal wees om Excel en Microsoft Office onder die knie te kry.
Hierdie vaardigheid lyk dalk onnodig, maar in vandag se tyd vind alles op die rekenaar plaas.
Rekenaar vaardigheid mag dalk die rede wees hoekom jy gekies is vir ‘n posisie, in plaas van iemand anders.
Kry ‘n deeltydse werk
Deeltydse werke is ‘n goeie manier om jou besig te hou en om geld te verdien. Die beste ding van ‘n deeltydse werk is die ervaring en vaardigheid wat jy aanleer.
‘n Goeie deeltydse werk sal een wees in die veld waar jy uiteindelik wil werk. Byvoorbeeld, indien jy graag ‘n veearts wil wees, kontak jou naaste veearts en vra of hulle dalk enige hulp of admin posisies beskikbaar het. Dit is ‘n goeie manier om kennis in die veld te kry.
Dink aan jou Opsies
Nie almal gaan matriek slaag nie, veral nie na hierdie onstuimige jaar nie. Daarom moet jy ander opsies ook oorweeg, vir ingeval jy nie punte behaal het waarvoor jy gehoop het nie, of nie geslaag het nie.
- Jy kan jou Uitslae verander
- Leer ‘n skaars vaardigheid aan
- Studeer sonder ‘n matriek sertifikaat
Jy kan jou Uitslae verander
Wanneer jy jou uitslae kry en dit is nie hoog genoeg vir die kursus wat jy wil studeer nie, kan jy ‘n Matriek Opgradering doen. Dit beteken dat jy net ‘n paar vakke hoef oor te skryf om jou uitslae te verbeter.
Wanneer jy aansoek doen vir ‘n Matriek Opgradering, kan jy ander vakke neem, as wat jy in matriek gehad het. Dit kan makliker vakke wees of vakke wat jy nodig het om ‘n spesifieke kursus te kan studeer.
Leer ‘n skaarse vaardigheid
Skaars vaardighede is die beste manier om te verseker dat jy ‘n stabiele loopbaan kry. Dit sal ook nie maklik vervang word deur KI (Kunsmatige Intelligensie) nie.
Jy kan nie verkeerd gaan met ‘n skaars vaardigheid nie. The Institute of Certified Bookkeepers bied kursusse in 4 skaars vaardighede waar jy nie ‘n matriek sertifikaat nodig het nie. Dit sluit die volgende in:
Besigheid Bestuur
Entrepreneurskap
Finansiële Rekeninge
Openbare Sektor Rekeningkunde
Studeer sonder ‘n Matriek Sertifikaat
Baie kolleges bied kursusse aan waar jy nie ‘n matriek sertifikaat nodig het nie. Indien jy nie matriek geslaag het nie, het jy steeds opsies.
Hier is ‘n paar hoogs aanbevole kolleges wat kursusse aanbied waar jy nie matriek nodig het nie:
- Matric College
- Matriek Kollege
- Bellview Institute of Distance Learning
- Learning Group
- Ember Academy
- Skills Academy
Verstaan wat jou Uitslae beteken
Jy moet weet wat jou uitslae gaan beteken. Dit sluit in by watter Tersiêre Instellings jy aansoek kan doen, jou slaag vlak en wat jy kan studeer.
Hier is ‘n artikel wat jou sal help om jou uitslae te verstaan.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel