Datum Gepubliseer: 15 Desember 2020
Indien jy daaraan dink om vir ‘n BA graad te studeer, is daar ‘n paar dinge wat jy moet weet:
- Dit sal jou Kreatiewe Denke bevorder
- Dit sal jou Skryfvaardighede verbeter
- Dit sal jou Leierskapvaardighede aanleer
Vir meer inligting oor ICB kursusse sonder Matriek, klik hier.
Dit sal jou Kreatiewe Denke bevorder
Wanneer jy vir ‘n BA graad studeer, sal jy verplig word om vakke soos Engels, Kuns of Drama te neem wat baie kreatiewe insigte benodig
Glo dit of nie, maar dit is baie belangrik om die vaardigheid te hê om kreatief te wees en dink.
Alle entrepreneurs het sukses geraak omdat hulle buite die grense van normaal gedink het en ‘n behoefte in die samelewing kon sien.
Die mees suksesvolste entrepreneurs het dit in ‘n kreatiewe manier gedoen, wat niemand voorheen aan gedink het nie.
Jy sal jou Skryfvaardighede verbeter
Wanneer dit by ‘n BA graad kom, gaan jy baie moet skryf, dit sluit baie opstelle en werkopdragte in vir verskeie kursusse wat jy moet neem.
Dit is baie moeilik om te leer skryf, veral om akademies te skryf. Met ‘n BA graad sal jy dit vinnig aanleer en by jou lys vaardighede voeg.
Jy sal verbaas wees hoe maklik jou skryfvaardigheid sal verbeter asook jou lees vermoë. Met die hoeveelheid tekste en hulpbronne wat jy moet deurwerk, sal jy kan spoedlees in ‘n baie kort tydjie.
Jy sal Leierskapvaardighede aanleer
Met ‘n BA graad, sal jy ‘n hele paar groep projekte moet afhandel. Dit is ‘n goeie manier om aan jou Leierskap vaardigheid te werk.
Probeer om soveel as moontlik van hierdie projekte aan te pak. Dit sal jou help om die beste maniere te vind hoe om spanne te bestuur en om die werk so vinnig en effektief as moontlik te voltooi.
Lees die Engelse Artikel hier.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel