Datum Gepubliseer: 15 Desember 2020
Dit wil voorkom of onderwys al hoe meer aanlyn beweeg. Daar is talle programme wat leerders kan help om hul onderrig te verbeter, soos die volgende:
- Duolingo
- Photomath
- Khan Academy
- EdX
- Study Blue
- BenchPrep
Duolingo
Die leer van tale is maklik gemaak met Duolingo. Met oor die 30 tale om van te kies, kan hierdie gratis program enige leerder help om hul tale op te knap vir hul eksamen.
Duolingo gee jou ook daagliks ‘n herinnering om jou op datum te hou met die leer van jou taal keuse.
Photomath
Photomath is een van die top wiskundige programme in die bedryf. Vir studente wat hulp nodig het met wiskunde, sal baat vind by die program, omdat elke som waarmee jy sukkel, verduidelik word.
Al wat jy moet doen is om ‘n foto van die vraag te neem, die program sal jou ‘n uiteensetting gee van die metodes wat jy moet gebruik om die antwoord te kry.
Hierdie program is gratis en werk sonder enige netwerk.
Khan Akademie
Khan Akademie het gratis, aflaai-bare video’s om studente te help om hul opleiding te bevorder. Dit bied inhoud van wiskunde, wetenskap en self geskiedenis.
Met die Kahn Akademie program, kan jy jou opleiding vordering volg en sien watter areas meer aandag nodig het.
EdX
Met EdX kan enige individu deur middel van bekende instansies via hulle selfone studeer.
Sommige van die kursusse bied jou selfs ‘n sertifikaat aan wat jy later op jou CV kan byvoeg. Met hierdie program, kan jy aanlyn toetse doen, lesings kyk en take op jou eie tyd voltooi.
Met EDX hoef jy nie bekommerd te wees oor enige stewige studie lenings, indien jou opleiding vir bevorder nie. Hou wel in gedagte dat daar wel sekere kursusse is, waarvoor jy moet betaal.
Study Blue
StudyBlue was ’n studieprogram waarmee gebruikers flitskaarte kon skep en toegang tot vooraf saamgestelde studiemateriaal kon kry. Die platform bestaan egter nie meer nie en is in 2020 gestaak. Hierdie hulpmiddel is dus nie meer beskikbaar vir gebruik nie.
BenchPrep
BenchPrep is ‘n uitstekende opvoedkundige program wat jou help om jou leerervarings te omskep in ‘n aanlyn leer-hub.
Hierdie program maak gebruik van verskillende soorte netwerk-elemente om gebruikers met ander toets-nemers te verbind. Dit help ook met hersiening, vasvrae en die deel van notas.
Benchprep help ook om jou leer proses te monitor, sodat jy weet hoeveel werk jy nog moet doen en watter areas meer aandag nodig het.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel