Datum Gepubliseer: 17 Desember 2020
Wanneer jy begin werk soek, is dit belangrik om te weet waar jy moet soek. Webtuistes is die beste plek om te begin indien jy vir iets spesifiek soek.
Hier is ‘n lys met die top webtuistes om werksgeleenthede te vind.
Webtuistes
Webtuiste is die beste manier om ‘n oorvloed van werksgeleenthede te vind, as jy die regte een kies. Hier is van die top webtuiste wat werksgeleenthede adverteer vir Suid Afrikaners:
- Indeed
- Glassdoor
- CareerJunction
- Pnet
- Careers24
- Google Careers
- JobMail
- Junk Mail
- TheJobCentre
- CareersPortal
Verbeter jou CV
Nou dat jy ‘n webtuiste gekies het, en dalk ‘n werksgeleentheid, moet jou nou jou CV opdateer.
Jou CV is die eerste indruk wat jy vir ‘n maatskappy gee, so dit moet goed gestruktureerd en onvergeetlik wees.
Lees meer oor die verskil van ‘n CV en ‘n Résumé hier.
Skryf jou CV
Hier is ‘n paar wenke om die perfekte CV te skryf:
- Hou die lettertipe dieselfde regdeur die CV
- Moet nie enige grafieke of foto’s gebruik nie, hou dit duidelik en bondig
- Maak seker jou uitleg bly dieselfde
- Gebruik die regte sjabloon (template)
Vereistes
Daar is vereistes waaraan jy moet voldoen om ‘n goeie CV te skryf:
Kontak Besonderhede
-
- Jou naam en van
- Jou huidige professionele titel
- Epos adres en kontaknommer
- Voeg jou LinkedIn profiel by
- Woon adres
Maak seker dat jou LinkedIn profiel ooreenstem met jou CV. Dit kan ‘n verskil maak of jy ‘n onderhoud kry of nie.
Jou Profiel
-
- Konsentreer op wat jy vir die pos en werkgewer kan aanbied
- Beskryf jou agtergrond
Werksgeskiedenis en Prestasies
- Sluit slegs relevante inligting in
- Gebruik aksie werkwoorde
- Verander jou CV vir elke werk waarvoor jy aansoek doen
- Brei uit oor ervaring (titels, velde en prestasies)
Relevante Vaardighede
- Voeg vaardighede by wat relevant is tot die betrekking
- Brei uit oor jou vaardigheid-vlakke
- Pas jou vaardighede aan met die pos beskrywing
Addisionele Inligting (Dit is waar jy die werkgewer moet beïndruk)
- Toekennings wat jy ontvang het
- Enige publikasies wat jy dalk mag hê
- Enige addisionele opleiding en kursusse
Klik hier om ‘n voorbeeld van ‘n CV af te laai
Die Dekkings Brief
- Stel jouself en jou prestasies voor
- Teiken hul huidige behoeftes wat in die posbeskrywing aangedui word
- Sê waarom jy die werk wil hê en waarom jy die beste kandidaat sal wees
- Hou dit formeel
Klik hier vir ‘n voorbeeld van ‘n dekkings brief.
Byna helfte van alle werkgewers sal nie ‘n aansoek aanvaar sonder ‘n dekkings brief nie. Hou in gedagte dat jou dekkings brief apart van jou CV moet wees en moet aangepas word vir elke pos waarvoor jy aansoek doen.
Verdere Opleiding
Terwyl jy jou CV uitstuur, is dit die moeite werd om deeltydse kursusse te doen om jou opleiding te bevorder. Onthou hoe meer opleiding jy het, hoe groter is jou kans om ‘n werk te kry.
Skaars vaardighede is ‘n goeie kwalifikasie, jy sal selde sukkel om werk te kry en sal verseker wees van ‘n goeie salaris.
Om meer te leer oor skaars vaardigheid kursusse, aangebied deur Matriek Kollege, klik hier.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel