Datum Gepubliseer: 8 Oktober 2020
Soek jy vir ‘n werk, of selfs net vir ‘n nuwe werk, maar jy kan niks kry nie.
Jy koop seker ook die beroep koerante en hou die beroep afdeling daagliks dop. Jy het ook al jou CV op al wat ‘n webtuiste geplaas, wat vakante poste adverteer. Jy het ook al jou aansoek en fisiese CV aangestuur vir poste.
Steeds kry jy geen reaksie en word net geïgnoreer. Ongelukkig, is dit feite dat mens nie meer op daardie manier ‘n werk kry nie. Ja, op ‘n stadium sou dit die beste manier gewees het om ‘n onderhoud te kry. Nou het dit heeltemal verander. Gelukkig het ons 10 unieke wenke om jou te help om jou droom werk te kry.
Maak gebruik van jou netwerk
Dit beteken jou vriende, jou familie en almal wat jy ken. Vra jou familie, vriende, jou ou skool prinsipaal en selfs die dominee of hulle weet van werk geleentheid en of hulle vir jou ‘n onderhoud kan reël.
Jy kan selfs jou vriende op Facebook ook vra. Indien hulle nie weet van iets nie, mag hulle vriende dalk van iets weet.
Oorweeg ‘n werk wat dalk nie eens bestaan nie
Vertel vir mense van jou talente, en net die feit dat jy daaroor praat, mag jy dalk ‘n offer kry, al het die maatskappy nie beplan om iemand aan te stel, voordat hulle van jou gehoor het nie.
Begin jou loopbaan, deur net eers jou voet in die deur te kry
Jy kan dit doen, deur eers verniet te werk, as ‘n intern of “job shadowing”. Indien jy ‘n positiwiteit uitbeeld en bewys dat jy ‘n goeie werknemer kan wees, mag hulle jou aanstel of as jy gelukkig is, selfs ‘n pos vir jou skep.
Jy wil ‘n vergadering hê.
Al is dit net ‘n 10 minute vergadering. Dit is baie beter as om jou CV uit te stuur, en jy kan jou CV persoonlik oorhandig. ‘n Vergadering gee jou ook die geleentheid om ‘n goeie indruk te skep.
Jy moet ‘n goeie CV opstel
Dit mag dalk moeilik wees, maar ‘n kort en duidelike CV, gee jou moontlike werkgewer die idee dat jy professioneel is. Indien jy hiermee sukkel, probeer om hulp te kry. Dit is baie belangrik om seker te maak jou CV het nie spelfoute in nie.
Wanneer jy jou aansoekbrief skryf, moet dit gaan oor die pos waaroor jy aansoek doen.
Dit beteken dat jy moet klem lê op jou kennis en vaardighede wat van toepassing is op die werk waarvoor jy aansoek doen. As jou kennis en ervaring nie ooreenstem met die werk nie, is die kanse skraal dat jy die pos sal kry. As jy nie ‘n goeie skrywer is nie, kry iemand om jou te help.
Wanneer jy aansoek doen vir ‘n werk, moet jy seker maak dat jy die instruksies volg.
Jy moet seker maak jy dat jy presies weet wat hulle van jou benodig, net jou CV of ‘n dekkings brief of dalk albei. As jy nie die instruksies vir die werk aansoek volg nie, sal die werkgewer dink dat jy nie instruksies in die werkplek sal volg nie. Hierdie instruksies in net so belangrik as dit by onderhoude kom.
Wees seker jy is voorbereid vir die vergadering of onderhoud, as jy een kry.
Maak seker dat jy alle dokumentasie saamneem wat hulle van jou versoek het. Wil hulle ‘n afskrif hê van jou ID? Dit is tipe vrae waarvoor jy antwoorde moet hê. Jy moet die tipe vrae vra voor die onderhoud. Jy kan ook oefen onderhoude met jou vriende hou.
Leef met die idee dat werk soek ‘n werk is.
Jy moet maak asof jy werk toe gaan, staan vroeg op, trek toepaslike klere aan, maak seker jy is skoon en vars. Maak vir jou ‘n lysie van dinge wat jy moet doen om werk te soek en wees seker om elke dag die lysie te volg.
Moed nooit moed verloor nie
Die mense wat werk kry is diegene wat goeie raad volg en nooit moed verloor nie. Jy kan dit doen! Onthou enige werk ervaring, “job shadowing”, kort kursusse, kwalifikasies of seminare wat jy bygewoon, het laat jou CV uitstaan en dit gee jou ‘n beter kans om ‘n werk te kry.
Outeur: Jan Badenhorst, CEO, Matriek Kollege
Vertaler: Michelle Faddel