Datum Gepubliseer: 9 Oktober 2020
Matriek was nog altyd uitgebeeld as jou belangrikste skooljaar. Nie net sluit dit jou matriekafskeid in nie, maar akademies gewys, bepaal dit ook jou toekoms.
Wat egter nie genoem word nie, is die feit dat jy matriek kan kry, maak nie saak hoe oud jy is nie.
Indien jy op skool gesukkel het, of dalk nie die geleentheid gehad het om jou matriek te skryf nie, kan jy matriek aanlyn doen en sodoende jou toekoms bou.
Matriek Kollege
Matriek Kollege maak dit moontlik vir enige iemand om hul matriek te kry. Ons strewe daarna om vir mense, wat vir watter rede ook al nie skool kon klaar maak nie, ‘n kans te gee om hul matriek te kry.
Matriek Kollege bied 2 opsies aan wanneer dit kom by aanlyn matriek; volwasse matriek of matriek opgradering.
Matriek Opgradering
Dink daaraan soos om opgegradeer te word na eerste klas op ‘n vliegtuig. Jou matriek opgradering is eintlik eenvoudig, Matriek Kollege help jou om jou punte te verbeter.
Somtyds is leerders nie gelukkig met hul matriek uitslae nie. Al wat jy dan moet doen is ‘n matriek opgradering vir die vakke wat se uitslae jy wil verbeter.
Dit alles kan aanlyn gedoen word in die gemak van jou eie huis!
Volwasse matriek
Indien jy nie graad 12 bereik het nie of dalk nie die jaar geslaag het nie, kan jy jou Volwasse matriek doen. Met Matriek Kollege is dit nooit te laat om jouself op te voed nie!
Dit maak nie saak hoeveel jare jy al uit die skool is nie, volwasse matriek sal jou regtig help om jou loopbaan en verdienste potensiaal te bevorder.
Jy moet net aansoek doen! Al die werk word aanlyn gedoen in die gemak van jou eie huis.
Hierdie is die vereistes wat nodig is om aansoek te doen vir u matriek- of matriek opgradering vir volwassenes:
- Jy moet in Engels kan lees en skryf: Alle kursus werk en kursusse is in Engels. As jy nie in Engels kan lees en skryf nie, sal jy nie die kursusse slaag nie.
- Jy moet 21 jaar oud wees (NET VIR VOLWASSE MATRIEK): Om volwasse matriek te doen, moet jy 21 jaar of ouer wees wanneer jy die eksamen skryf.
- Jy moet ‘n graad 9 sertifikaat hê (NET VIR VOLWASSE MATRIEK): Jy het net ‘n graad 9 sertifikaat nodig om te kwalifiseer vir volwasse matriek. Geen ander akademiese kwalifikasies is nodig nie.
- Jy moet ‘n matriek sertifikaat hê (NET VIR VOLWASSE MATRIEK): Indien jy jou matriek wil opgradeer, het jy jou sertifikaat nodig, vir die resultate. Hou jou matriek sertifikaat byderhand wanneer jy aansoek doen.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel