Gratis Onderrig?

Datum Gepubliseer: 9 Oktober 2020

Daar bestaan baie instellings wat studente help om hulle studies te finansier.  ‘n Vennootskap tussen NSFAS en die Nasionale Jeug Ontwikkelingsagentskap het byvoorbeeld geleenthede geskep sodat meer studente finansiering kan ontvang. 

Studente met ‘n huishoudelike inkomste van R6000 of minder per jaar, is ook nie verplig om registrasie- en vooraf gelde te betaal nie. Dit alles sal gedek word as hulle ‘n NSFAS-beurs kry.

Toegang tot NSFAS aansoekvorms

Baie studente wat die NSFAS lenings die meeste nodig het, het nie toegang tot die aanlyn vorms nie.  Dit is veral die arm studente of die wat in die landelike areas bly.

Gelukkig het die Departement van Sosiale Ontwikkeling alreeds begin om die NSFAS te ondersteun deur gedrukte aansoekvorms uit te deel.  Studente kan hierdie vorms en hulp by ondersteunings personeel kry by gemeenskap sentrums. 

Sien die aansoek vorms hier.

Registrasie vorms

Weereens, die studente wat die fooie moet betaal, is nie in staat om dit te doen nie.  Meeste van die studente het eenvoudig nie die fondse om die registrasie fooie te betaal nie.

NSFAS het die inisiatief geneem om seker maak dat die groep, die registrasie fooie betaal vir diegene wat dit nie kan bekostig nie.

Hier is die NSFAS registrasie vorms

Hulp vir die “missing middle”

NSFAS is die primêre befondsing van ongeveer 95% van studente.  Die welgestelde studente in Suid-Afrika, wat al die gelde kan bekostig, maak 5% van die studente uit wat probeer om by universiteit in te kom. 

Hierdie “missing middle” studente se voorafbetaalde fooie sal ten volle vereffen word deur die staat. 

Geskiedenis van studente Skuld

Studente met historiese skuld, kan nie meer weggewys word deur die NSFAS befondsing inisiatiewe nie. 

Die Departement van Hoër Onderwys het R967 miljoen eenkant gesit, om studente met historiese skuld te ondersteun. 

Omskakeling van lenings in Beurse

40% van alle lenings deur die NSFAS word omgeskakel in beurse.  NSFAS se geldlenings staan tans op 70% beurse en 30% lenings.  Dit beteken dat 70% van huidige lenings nie aan die NSFAS terugbetaal word nie.

Biljoene meer vir NSFAS

In 2017 het die Minister van Finansies, Pravin Gordon, ‘n ekstra 9 biljoen geallokeer na die NSFAS inisiatiewe om meer studente te help met befondsing. 

Gratis Onderrig?

Nee, onderrig in Suid Afrika is nog nie gratis nie.  Alhoewel die kanse vir gratis onderrig deur NSFAS baie al hoe meer moontlik word. 

Met historiese skuld wat nie meer aansoeke verhinder en 95% van studente deur NSFAS befonds word, het die lewe vir potensiële studente in Suid-Afrika beslis verbeter.

Hierdie artikel was oorspronklik geskryf op die 5de November 2016.  Druk hier om die oorspronklike artikel te lees.

Druk hier om die engelse artiekel te lees

Outeur: Jan Badenhorst, CEO, Matriek Kollege
Vertaler:  Michelle Faddel