Hoekom graad 11 net so belangrik is soos matriek

Datum Gepubliseer: 12 Oktober 2020

Graad 11 studente moet nie die belangrikheid van graad 11 onderskat nie, aangesien graad 11 een van die belangrikste jare van jou hoërskoolloopbaan is.  Hier is ‘n paar redes hoekom graad 11 net so belangrik soos matriek is. 

Hoe belangrik is graad 11 in vergelyking met matriek

Mense is geneig om dikwels baie waarde te heg aan matriek, en sodoende vergeet dat graad 11 ‘n goeie grondslag lê vir jou matriek.

Sit jou beste voetjie voor

As jy in graad 11 jou beste voetjie voor sit, sal dit vir jou meer opsies bied wanneer jy skool verlaat.  Dit is belangrik om hard te werk in jou graad 11 jaar en om te kyk watter studie metodes vir jou die beste werk.

Op die hierdie manier kan jy jou volle potensiaal bereik, wat jou in staat sal stel om suksesvol te wees, nie net in graad 11 nie, maar ook in jou matriek jaar.

Gebruik jou punte om te strategiseer

Wanneer jy jou graad 11 uitslae ontvang, kry jy die geleentheid om te sien hoe jy vorder en watter vakke meer aandag nodig het.  Jy kry die geleentheid om jou uitslae en ervaring van jou graad 11 jaar te gebruik, om beter te beplan vir jou matriek jaar.

Jou uitslae sal ook vir jou ‘n indikasie wees hoe om jou lewe na graad 12 te beplan.  Studente kan tydens hul vakansietyd met beroep kenners gesels, hul eie navorsing oor verskillende loopbane doen en self reflekteer oor hul toekoms doelwitte.

Sorteer Universiteit admin uit

Baie studente wag gewoonlik tot op die laaste om te besluit wat hul wil studeer en by watter universiteit, na matriek.  Dit is baie belangrik om jou navorsing al voor jou matriek jaar te doen. 

Op die manier sal jy net op jou studies hoef te fokus sonder enige onnodige stres.

Waarom is dit voordelig om graad 11 net so belangrik te ag as matriek?

Geleentheid om te eksperimenteer

Jy het nou die geleentheid om verskillende studie metodies en hanterings metodes te ondersoek.  Jy kan verskillende studie metodes probeer soos studie groepe, brein kaarte en aanlyn bronne.

Eksperimentering met verskillende studie metodes gee jou die geleentheid om jou graad 12 op die regte noot te begin, omdat jy alreeds weet watter metode die beste vir jou werk.

Die kans om na-matriek opsies te evalueer

“Matric is not a year-long event, but rather a two-year long project. If you start applying your mind to your final exams right now and take the long view coupled with a strategy, you will be able to deliver your absolute best when you sit for your finals in a year and a half’s time, and improve your chances of being able to follow your dream after matric.” – Dr. Felicity Coughlan 

Deur jou graad 11 uitslae te evalueer, sal jou help om beter keuses te maak oor wat en waar jy na matriek wil studeer.  Dr Felicity Coughlan, die direkteur van die Onafhanklike Instituut van Onderwys (IIE), sê dit is baie belangrik dat leerders aan hul punte vir hoër onderwys toelating werk. vanaf graad 10. 

Eksamen fokus

Graad 11 eksamens help die leerders voorberei vir graad 12.  Deur jou graad 11 eksamen ernstig op te neem, sal dit jou ‘n aanduiding gee hoe jy vorder en of jy gereed is vir matriek.

Wat om te verwag in graad 11?

Hier is wat jy kan verwag van jou graad 11 jaar:

Kwartaal 1

Toetse, take en die leer van nuwe konsepte

Kwartaal 2

Minder toetse, JUNIE EKSAMENS en moontlik ‘n paar take.  Dit is belangrik dat jy jouself goed voorberei vir jou Junie eksamen.

Kwartaal 3

Toetse, assesserings en gekombineerde werk van kwartaal 1 en kwartaal 2.

Kwartaal 4

Finale eksamens!  Hierdie eksamens in baie belangrik, omdat jy jou graad 11 finale uitslae gaan gebruik om aansoek te doen.

Graad 11’s: wat jy nou moet doen om volgende jaar matriek te slaag

Daaglikse hersiening

Deur elke dag hersiening van die skooldag se werk te doen, sal jou help om dit beter te verstaan.  Hersiening gee jou ook die geleentheid om te werk aan wat jy nie verstaan nie, in plaas daarvan om alles te probeer memoriseer 2 weke voor die eksamen.

Verstaan jou vakkeuses en die impak daarvan op jou antwoorde

Dit is heel normaal om anders te voel oor die vakkeuses wat jy gemaak het. Wie jy gedink het jy was, toe jy die keuses gemaak het, kan heeltemal verskil van wie jy nou is.

Gelukkig het jy nog tyd om navorsing te doen oor verskillende loopbane.  Maak net seker dat jou vakkeuses steeds in lyn bly met jou beroep keuse.

Gebruik jou vrye tyd verstandig

Wanneer jy vrye tyd het, maak seker om dit verstandig te gebruik.  So belangrik soos studie mag wees, is dit net so belangrik om tyd te neem en na jouself om te sien. 

Hoe om graad 11 soos ‘n professioneel te doen?

Beplan jou jaar

Jy moet weet wanneer al jou toetse, take en eksamens plaasvind.  Dit sal jou help om alles in te pas op jou studie rooster.  ‘n Studie rooster sal jou ook help om jou tyd effektief te bestuur.

Vir meer inligting hoe om jou studie rooster te beplan en wenke hoe om voor te berei vir eksamens, kyk hier

Oefening

Jy moet na jou welstand kyk deur genoeg oefening.  Oefening sal jou ook help om te fokus en meer inligting in te neem.  Oefening het baie voordele vir jou gesondheid, hoe gesonder jy is, hoe beter sal jy vaar in jou studies.

Studeer slim

Die geheim is om slim te studeer en nie langer nie, deur vir 24 te studeer gaan jou niks help nie.  Maak seker jy beplan jou tyd volgens jou persoonlike skedule.

Spandeer meer tyd aan vakke waarmee jy sukkel, kry hulp van vriende of familie om jou te help fokus op jou studies.

Lees die oorspronklike artiekel hier

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel