Datum Gepubliseer: 8 Oktober 2020
Die belangrikheid van Matriek word jaar na jaar by studente beklemtoon. Sommige leerders skryf egter nooit hul finale Matriek eksamen nie. Ander leerders behaal nie genoeg punte, om vir hul graad te studeer nie.
Hier is ‘n paar opsies.
Die belangrikheid van Matriek
Ons almal verstaan die belangrikheid van matriek. Dit is jou toekoms. Jou matriek sertifikaat gee jou toegang tot verdere studies en dit wys ook aan jou toekomstige werknemers waartoe jy in staat is.
Dit is moontlik om skool te verlaat na Graad 9, met ‘n Algemene Onderwys- en Opleidingsertifikaat (GETC). Twintig of dertig jaar gelede kon jy selfs verder studeer met ‘n Graad 9 sertifikaat en ‘n goeie loopbaan bou vir jouself. Ongelukkig in vandag se tyd, het jy ‘n matriek sertifikaat nodig vir enige basiese werk of om by ‘n instelling te studeer.
Jy kry verskillende slaag vakke gebaseer op jou resultate. Hoe hoër jou resultate, hoe beter is die kwalifikasie waarvoor jy kan studeer. Die verskillende vlakke is Hoër Sertifikaat, Diploma en Baccalaureus. Om elkeen hiervan te kry, moet jy die volgende bereik:
Hoër Sertifikaat Slaag:
‘n Slaag syfer van ten minste 40% in jou huistaal.
‘n Slaag syfer van ten minste 40% in 2 ander vakke
‘n Slaag syfer van ten minste 30% vir 3 ander vakke
Indien jy ‘n maksimum van 1 vak druip, sal jou Skool-gebaseerde Assessering (SBA) gebruik word om jou slaag.
NB: Een van u tale moet Engels of Afrikaans wees om met ‘n hoër sertifikaat te slaag
Diploma Slaag:
‘n Slaag syfer van ten minste 40% in jou huistaal.
‘n Slaag syfer van ten minste 40% in 3 ander vakke met hoë krediete
‘n Slaag syfer van ten minste 30% vir 2 ander vakke
NB: Een van u tale moet Engels of Afrikaans wees om met ‘n hoër sertifikaat te slaag
Baccalaureus Slaag:
‘n Slaag syfer van ten minste 40% in jou huistaal.
‘n Slaag syfer van ten minste 40% in 4 ander vakke met hoë krediete
‘n Slaag syfer van ten minste 30% vir 2 ander vakke
‘n Slaag syfer van ten minste 30% vir jou tweede taal
Hoë krediet vakke is soos tale, rekeningkunde, landbouwetenskap, besigheid studies, drama en kuns, ekonomie, ingenieurs grafika en -ontwerp, geografie, geskiedenis, inligtingstegnologie, lewens wetenskappe, wiskunde, wiskundige geletterdheid, musiek, fisiese wetenskappe, godsdiens studies en visuele kuns. Al die ander vakke word as lae krediet vakke beskou.
Wat as ek nie matriek nie slaag nie?
As jy die onlangse matriek eksamens nie geslaag het nie, het jy geen rede tot kommer nie, jy het heelwat ander opsies om te oorweeg. Ons stel die volgende 3 aan jou voor.
Eerstens, kan jy jou eksamen laat hernasien. Dit is wanneer hulle kyk of jou punte korrek opgetel was. Die koste is R18 per vraestel.
Tweedens, jy kan jou vraestel laat hermerk. Die eksaminators sal elke vraag deurgaan en kyk wat jy reg of verkeerd gekry het. Die koste is R80 per vraestel.
Derdens, kan jy aansoek doen om van jou vakke oor te skryf. Jy kan die vakke waarin jy jou punte wil verbeter herskryf in Mei. Die aansoek vir herskryf, sluit in Januarie.
Matriek herskryf Eksamen Rooster
Alle herskryf eksamens is nou in Mei. Dit is as jy ‘n eksamen wil skryf wat jy nie kon skryf nie, jou punte wil verbeter of nie die eksamen geslaag het nie.
Wat kan ek studeer sonder Matriek?
Baie mense voel dat indien hulle nie matriek het nie, kan hulle ook nie verder studeer nie. Dit is glad nie geval nie. Baie kolleges bied geakkrediteerde programme aan, wat gelykstaande is aan ‘n ekwivalente matriek vlak of selfs ‘n Diploma vlak..
Een so ‘n kwalifikasie is die Institute of Certified Bookkeepers (ICB) kwalifikasies.
Een van die kolleges vir ICB kursusse wat ons kan aanbeveel is “Matric College”.
Matric College bied die volgende geakkrediteerde kursusse aan:
- ICB Finansiële Rekeningkunde
- ICB-kantooradministrasie
- ICB Ondernemingsbestuur
- ICB Openbare Sektorrekeningkunde
- ICB-entrepreneurskap
Kontak ons nou, indien jy wil herskryf, opgradeer of jou volwasse matriek doen! Ons kan jou help en voorsien van alle hulpmiddels om jou te help slaag.
Sluit vandag nog aan by Matriek Kollege
Outeur: Jan Badenhorst, CEO, Matriek Kollege
Vertaler: Michelle Faddel