Wat is die verskil tussen ‘n CV en ‘n Résumé?

Datum Gepubliseer: 25 November 2020

Wanneer jy begin aansoek doen vir werk is dit belangrik om die verskil tussen ‘n CV en Résumé te ken. Onthou, wanneer jy ‘n CV of Résumé stuur na ‘n maatskappy, is dit die eerste indruk van die werkgewer van jou kry. 

‘n Résumé is ‘n een bladsy opsomming van jou beroep en studie geskiedenis, terwyl ‘n CV meer omvattende inligting bevat soos:

  • beroep en studie geskiedenis, 
  • vaardighede, 
  • stokperdjies 
  • enige diplomas of sertifikate wat jy ontvang het. 

Hier is alles wat jy moet weet oor die verskil tussen ‘n CV en ‘n Résumé.

Wat is ‘n CV?

‘n Curriculum Vitae, meer bekend as ‘n CV,  is ‘n omvattende blik op jou werk en studie geskiedenis.  Hierdie dokument neem ‘n stap vir stap kyk na jou beroep loopbaan, maak melding van alle beroep ervaring en vaardighede wat jy in die proses gebruik het. 

Jy moet elke keer wanneer jy iets bereik dit op jou CV voeg.  Dit sluit in enige verdere opleiding, nuwe vaardighede of selfs wanneer jy ‘n toekenning ontvang het. 

‘n CV bevat ook al jou persoonlike informasie.

Wanneer gebruik jy ‘n CV

Die gebruik van ‘n CV word bepaal deur die behoeftes van die werkgewer en jou geografiese ligging. Sommige lande, soos Suid Afrika en Nieu Zeeland, verkies die gebruik van ‘n CV.

Werkgewers in die lande verkies ‘n meer in diepte en gedetailleerde blik op al jou prestasies. 

Maak seker om die aansoek deeglik deur te lees om te bepaal of die maatskappy ‘n CV of Résumé verkies.  Dit is soms die eerste toets wat die maatskappy jou deursit, om te bepaal of jy instruksies kan uitvoer.

Vereistes van ‘n CV

Die vereistes van ‘n CV is as volg:  

  • Jou naam en van 
  • Jou huidige beroep en posisie waarvoor jy aansoek doen
  • Kontak nommer, epos adres en fisiese woon adres
  • Persoonlike opsomming 
  • Al jou opvoedkundige inligting 
  • Jou vaardighede 
  • Die tale wat jy praat en jou vaardigheid daarin
  • Belangstellings, sertifikate en toekennings

Hoe om ‘n CV saam te stel

Wanneer jy jou CV opstel, moet dit baie professioneel wees.  ‘n CV is die maatskappy se eerste indruk van jou en dit kan ‘n deurslaggewende faktor wees of jy ‘n onderhoud gaan kry of nie.    

Kyk na die volgende CV voorbeelde

Wat is ‘n Résumé?

‘n Résumé is ‘n een bladsy opsomming van jou beroep en studie geskiedenis.  Dit word gewoonlik volledig aangepas vir ‘n spesifieke werk om te verseker dat al die vaardighede en ervaring in die Résumé van toepassing is op die pos waarvoor jy aansoek doen. 

Resumés hou ook nie dikwels by ‘n sekere formaat soos CV’s nie.  Probeer dit op een bladsy hou. Wanneer ‘n maatskappy vir Résumé vra, wil hulle alle inligting so kort en kompak as moontlik hê.

Wanneer gebruik jy ‘n Résumé?

Weereens, hang dit af van die werkgewer en jou geografiese ligging. Resumés word hoofsaaklik gebruik in lande soos Kanada en Amerika.

Indien jy ‘n akteur/aktrise is, word daar van jou verwag om al jou ondervinding op een bladsy te lys.  Dit is weens die hoe volumes mense wat die rolverdeling regisseur wil sien. 

Wees seker jy weet die werkgewer wil hê en volg hul instruksies.  Aan die einde van die dag, sal die maatskappy waar jy aansoek doen, jy laat weet watter dokument hulle verkies. 

Vereistes van ‘n Resumé

Hier is wat jy moet insluit in jou Résumé:   

  • Jou naam en van
  • Jou huidige beroep en die posisie waarvoor jy aansoek doen
  • Al jou persoonlike inligting
  • Persoonlike opsomming 
  • Relevante beroep geskiedenis 
  • Jou opvoedkundige geskiedenis
  • Toepaslike vaardighede
  • Die tale wat jy praat en jou vaardigheid daarin
  • Sertifikate en toekennings

Hoe om ‘n Résumé saam te stel

Om ‘n résumé op jou eie te skryf, kan soms moeilik wees.  Kyk na die volgende  Resumés om ‘n beter idee te kry hoe jy joune moet saam stel.

Vir wenke wat jou kan help om ‘n werk te kry, klik hier.

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler: Michelle Faddel