Datum Gepubliseer: 24 November 2020
Die eksamen tydperk kan baie stresvol wees. Stres en angstigheid kan jou prestasie in jou eksamen negatief beïnvloed. Hier is ‘n paar wenke wat jou kan help om eksamen stres en angstigheid te beheer.
10 vinnige wenke om eksamen stres uit te skakel:
- Kyk ‘n film, ‘n sepie of luister na ‘n komediant wat jou kan laat lag.
- Drink kruie tee of ‘n warm sjokolade drankie: Dit is ‘n wel bekende feit dat warm drankies goed is vir die siel (probeer om te veel kaffeïen te vermy)
- ‘n Stort of bad kan ook stres verlig
- Kook of bak iets: Net die idee om iets lekker te kan eet, kan jou gelukkig maak. As ‘n bonus, probeer om iets gesond te maak. Jy kan nie jou brein goed voed as jy nie jou liggaam kyk nie.
- Kry genoeg rus: Die belangrikheid van genoeg slaap moet nooit onderskat word nie.
- Vermy mense wat stres: Spesifiek mense wat buite eksamen lokale staan met hul notas en kliphard leer. Hulle gaan jou stres vlakke net verder opjaag.
- Vermy die eksamen “nadoodse ondersoek”: Jy hoef nie te weet hoe ander studente die eksamen vrae beantwoord het nie. Jy het jou beste gegee en kan nie terug gaan en jou antwoorde verander nie.
- Wees buigsaam: Alhoewel ‘n studie rooster ‘n baie goeie instrument is om eksamen sukses te behaal, moet jy nie te hard op jouself wees as jy nie 100% daarby hou nie. Indien jy dalk verslaap, is dit nie die einde van die wêreld nie, jy is maar net ‘n mens.
- Skryf alles neer wat jy moet doen, merk dan 1 ding af: Net die idee om te voel of jy in beheer is van jou studies kan help.
6 wenke om eksamen stres te hanteer:
- Onthou om asem te haal
- Oefen, eet gesond en kry genoeg rus
- Stel realistiese doelwitte
- Sluit aan by ‘n studie groep
- Glo in jouself
- Praat met iemand
Onthou om asem te haal
Deur elke dag asemhalings oefeninge te doen, sal jou liggaam help om minder te stres. Asemhalings oefeninge sal jou ook in staat stel om ontslae te raak van enige negatiewe gedagtes.
Oefen, eet gesond en kry genoeg rus
Deur genoeg te rus en te hou by ‘n goeie gebalanseerde dieet sal verseker dat jou liggaam op sy beste presteer.
Stel realistiese doelwitte
Sorg dat jy binne ‘n realistiese tydsbestek werk. Deur ‘n studie rooster op te stel, sal jou help om jou tyd beter te bestuur.
‘n Studie skedule is ‘n program wat al jou daaglikse aktiwiteite en hul tyd gleuwe bevat. ‘n Skedule help jou om die regte tyd te allokeer per taak en om daarby te hou.
Sluit aan by ‘n studie groep
In 2004 het ‘n navorsingstudie bevind dat om in groepe te studeer baie effektief werk, omdat elkeen hulle eie notas kan neem. Studie groepe bied ook die gevoel van ondersteuning.
Glo in jouself
Jou ingesteldheid speel ‘n baie groot rol in die resultate van jou eksamen. Dit is baie belangrik om elke negatiewe gedagtes te vervang met ‘n positiewe een.
Indien jy voel dat jy sukkel, praat met iemand
Indien jy ooit voel dat jy sukkel, reik uit na ‘n familie lid of vriend met wie jy gemaklik sal voel met te praat. Jy kan ook professionele hulp of ondersteuning soek.
Klik hier vir meer raad met Eksamen Stres
8 maniere om angstigheid te oorkom:
- Wees voorbereid
- Kry ‘n goeie nagrus
- Wees vroegtydig by die eksamen lokaal
- Wees positief
- Lees aandagtig
- Begin net
- Moet jou nie steur aan wat ander mense doen nie
- Hou die tyd dop
Wees voorbereid
As jy goed voorberei het vir die eksamen jou jy meer vertroue in jouself en minder stres.
Kry ‘n goeie nagrus
Maak seker dat jy vroegtydig begin studeer en nie alles die aand voor die tyd probeer inprop nie. Neem genoeg studie pouses en probeer ‘n goeie nagrus kry voor die eksamen.
Deur gesonde kos te eet en genoeg water te drink, sal jou brein en liggaam genoeg energie en krag gee om jou deur die eksamen te dra.
Wees vroegtydig by die eksamen lokaal
Jy wil nie onnodige stres hê deur laat te wees nie. Wees seker jy staan betyds op om vroegtydig by die lokaal te wees.
Wees positief
Dit is soms makliker gesê as gedaan, maar dit is baie belangrik om na jou geestesgesondheid te kyk.
Indien jy sukkel om positief te bly of jy voel dalk net nie jouself nie, moenie huiwer om hulp te vra van familie of vriende nie. Jy kan selfs hulp kry by Suid Afrika Depressie en Angstigheid Groep (SADAG).
Lees aandagtig
Maak seker jy lees deur al jou vrae aandagtig sodat jy nie belangrike informasie mis nie.
Begin net
Moet nie te veel tyd spandeer om die perfekte antwoord te kry nie, dit sal net tyd mors en laat stres indien daar nie genoeg tyd oor is nie.
Moet jou nie steur aan wat ander mense doen nie
Dit gebeur soms dat ander leerders voor jou klaar skryf in die eksamen lokaal.
Moenie jou daaraan steur nie. Jy moet fokus op jou eie pas en vertroue hê in die feit dat jy studeer het.
Hou die tyd dop
Maak seker dat jy jou tyd goed bestuur deur te kyk hoeveel tyd daar oor is en jou antwoorde volgens dit te beplan.
Klik hier vir meer inligting hoe om voor te berei vir die Finale Eksamen.
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel