Hoe om eksamen stres te oorwin

Datum Gepubliseer: 20 Oktober 2020

Angs en stres kan ‘n groot rol speel in jou eksamen prestasie.  Hier is wenke om jou eksamen stres te oorwin.

Maniere om eksamen stres te oorwin

Eksamen stres kan vrees vir mislukking, gebrek aan voorbereiding of trauma van vorige toets ervarings insluit.  Die beste manier om eksamen stres te oorwin is om positief te bly en seker te maak dat jy goed voorbereid is vir jou eksamen.

Stres is ‘n mate goed

Stres is in ‘n sekere mate nie altyd sleg nie.  Sielkundige  Kelly McGonigal verduidelik dat stres mense kan help om meer produktief te wees.  “That pounding heart is preparing you for action. If you’re breathing faster, it’s no problem. It’s getting more oxygen to your brain.”

Kroniese stres kan ernstige siektes veroorsaak, waar korttermyn stres weer goed kan wees vir jou kreatiwiteit.  Dit is kommerwekkend as jou stres jou gesondheid begin beïnvloed.

10 maniere om eksamen stres te oorwin

  • Wees voorbereid 
  • Jy sal minder paniekerig wees en meer vertroue in hê in jouself, as jy weet jy het goed voorberei vir die eksamen.
  • Kry genoeg nag rus 
  • Maak seker dat jy vroegtydig begin studeer, en nie alles die aand voor die tyd probeer inneem nie.  Neem genoeg rus kanse en ‘n goeie nagrus die aand voor jy eksamen skryf.
  • Eet gesond
  • Eet gesonde kos en bly gehidreer sodat jy genoeg energie kan hê vir jou eksamen.
  • Wees vroegtydig by die eksamen lokaal
  • Jy wil nie nog onnodige angs en stres hê omdat jy nie betyds by die eksamen lokaal was nie.  Maak seker jy staan vroeg op, en is vroegtydig by die eksamen lokaal.
  • Maak seker jy het ‘n positiewe verstand houding 
  • Dit is soms makliker gesê as gedaan, maar dit is belangrik om na jou geestesgesondheid om te sien.  As jy sukkel om positief te bly of jy voel dalk net nie soos jouself nie, maak seker dat jy vir familie en vriende vir hulp vra of kontak die South African Depression and Anxiety Group.
  • Lees aandagtig 
  • Maak seker dat jy deur al jou vrae lees om sodoende te verseker dat nie belangrike inligting mis nie.
  • Begin net 
  • Moenie te veel tyd spandeer om die perfekte antwoord te kry nie, jy sal tyd mors, paniekerig raak en dalk nie die vraestel kan klaarmaak nie.
  • Moenie jou steur aan wat die mense om jou doen nie
  • Somtyds in die eksamen lokaal, sal leerders voor jou klaarmaak.  Moenie dat dit jou pla nie.  Jy moet fokus op jou eie tyd en vertroue hê dat jy studeer het.
  • Hou die tyd dop
  • Maak seker jy bestuur jou tyd goed gedurende die eksamen deur die tyd in ag te neem en dan jou antwoorde daarvolgens dit te beplan.
  • Fokus op kalm asemhaling en positiewe gedagtes
  • Diep asemhaling kan jou help kalmeer omdat dit jou hartklop ook stadiger maak, indien dit te vinnig klop.  Moedig jouself aan met positiewe gedagtes.

Klik hier, vir meer inligting, om deeglik voor te berei vir jou finale eksamen.

Is daar medikasie vir eksamen stres

Dit is die beste om ‘n dokter te gaan sien, wat vir jou die beste en veiligste medikasie kan voorskryf, indien nodig. 

Lees die Engelse artiekel hier.

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel