Datum Gepubliseer: 19 Oktober 2020
Die lang wag vir die matriek uitslae kan baie kommer en vrees skep. In hierdie oomblikke van kommer, is dit belangrik om te onthou dat ongeag die uitslag van jou resultate, daar altyd ‘n verskeidenheid van loopbaan opsies sal wees.
Oorweeg al jou opsies
Matriek is belangrik, maar dit is nie die belangrikste ding nie. Dit beteken dat dit nie die einde van die wêreld sal wees, indien jy nie jou matriek geslaag het nie. Jy het steeds ander opsies om ook te oorweeg.
Teleurstellende matriek uitslae beteken nie ‘n minder belowende toekoms nie
Matriek Kollege bied vele kursusse aan, wat jy kan studeer sonder ‘n matriek sertifikaat. Jy moet net in Engels kan lees en skryf. Jy kan by die volgende instellings studeer sonder ‘n matriek sertifikaat:
The Bellview Institute of Distance learning
The Bellview Institute of Distance Learning is ‘n QCTO geakkrediteerde kollege. The Bellview Institute of Distance Learning bied ‘n verskeidenheid van kursusse aan om van te kies.
Matric College
Matric College is ‘n Afstandonderrig Instelling wat daarin spesialiseer om mense te help om hul matriek te kry. Nie net bied hulle matriek kursusse aan nie, maar bied jou ook die geleentheid aan om verder te studeer sonder matriek.
The Learning Group
The Learning Group is ‘n instelling wat uiters geskik is, vir diegene wat baie kreatief is. Met kursusse wat wissel van Digitale fotografie tot trou beplanning, jy sal verseker iets vind wat jou behoefte sal pas.
‘n Gapings jaar kan in die lang duur dalk baie voordelig wees.
Indien jy dit oorweeg om ‘n gapings jaar te neem, kan jy die tyd gebruik om te self reflekteer en te besluit wat jy met jou toekoms wil doen.
Jy kan gedurende die jaar vrywillige werk gaan doen, gaan toer, die skaduwee wees van ‘n professionele persoon wees of neem net die tyd om te besluit wat jy wil doen, voordat jy ‘n oorhaastige besluit maak oor iets waarvoor jy nie reg is nie.
Angstig oor jou matriek uitslae? Hier is maniere hoe om dit te hanteer.
Bly positief
Jou ingesteldheid speel ‘n groot rol in jou gesondheid en algehele produktiwiteit. Dit is belangrik om maniere te vind om positief te bly, al voel dit onmoontlik. Om positief te bly kan dit die bekommernis oor jou uitslae vergemaklik.
Strategieë om suksesvolle matriekuitslae te verseker
Kyk na jou geestesgesondheid
Jy moet in alle aspekte van jou lewe, of dit nou matriek is of nie, kyk na jou geestesgesondheid. Indien jy ooit sou voel dat jou geestesgesondheid nie 100% is nie, is dit belangrik om te vra vir hulp.
“The South African Depression and Anxiety Group(SADAG)” is ‘n organisasie wat daarop fokus om mense te help met angstigheid of depressie.
Vir beradings navrae epos, kontak: zane@sadag.org
Om ‘n beradings konsultant te kontak tussen 8am tot 8pm, vanaf Maandae tot Sondae:
Skakel: 011 234 4837 / Fax nommer: 011 234 8182
Vir selfmoord nood kontant ons onmiddellik by 0800 567 567
24hr Hulplyn 0800 456
Leer slimmer, nie langer
Daardie laatnag leer sessies gaan jou net moeg laat voel die volgende dag. Maak seker jy studeer vroegtydig, neem genoeg breek kanse, om te verseker dat jy al die inligting behoorlik verwerk.
Stel ‘n studie skedule op
‘n Studie skedule is een van die belangrikste studie hulpmiddels wat jy kan gebruik. ‘n Studie skedule sal jou ook help om jou tyd meer doeltreffend te beplan en jy sal ook rekenskap kan gee vir elke uur van die dag.
Verbind jouself tot jou doelwitte
Gebruik jou doelwitte as ‘n herinnering vir jou jouself. Onthou waarom jy dit doen, en dit is sekerlik ‘n goeie motivering vir jouself.
Gebruik ou vraestelle en memorandums
Ou vraestelle en memorandums is ‘n goeie manier om jouself te assesseer. Dit sal jou ‘n aanduiding gee, hoeveel jy weet en identifiseer waarmee jy nog sukkel.
Begin altyd met die maklikste vrae
Wanneer jy die maklikste vrae eerste afhandel, sal dit nou meer tyd gee om die meer ingewikkelde afdelings te beantwoord.
Vertrou jouself
‘n Goeie selfvertroue laat jou minder in jouself twyfel. Selfs al kry jy jou uitslae terug, en dit was nie so fantasties nie, sal goeie selfvertroue dit makliker maak om dit te verwerk.
Lees die Engelse artiekel hier.
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel