Datum Gepubliseer: 17 Oktober 2020
Dit is baie belangrik om jou matriek simbole en die verskillende vlakke te weet. As jy die simbole en vlakke verstaan sal dit jou ‘n idee gee vir watter kursusse jy kan kwalifiseer.
Wat beteken matriek simbole?
Hoër Sertifikaat Slaag
Leerders met ‘n hoër sertifikaat slaag mag net aansoek doen by instellings wat hoër sertifikaat kursusse aanbied of jy kan ‘n kursus studeer waarvoor jy nie matriek nodig het nie. Om ‘n hoër sertifikaat te slaag moet jy;
- Ten minste 40% kry in jou huistaal
- Ten minste 40% kry in twee ander vakke
- Ten minste 30% kry vir drie ander vakke
Diploma Slaag
Leerders met ‘n diploma slaag kan studeer by ‘n kollege en sodoende ‘n Diploma sertifikaat kry. Leerders kan ook aansoek doen by ‘n universiteit wat diploma kursusse aanbied. Om ‘n diploma slaag te kry moet jy;
- Ten minste 40% kry in jou huistaal
- Ten minste 40% in drie ander vakke
- Ten minste 30% in twee ander vakke
Baccalaureus Slaag
Leerders met ‘n baccalaureus slaag kan by aansoek doen by ‘n universiteit. Toelating sal afhang van die kursus en universiteits vereistes. Om ‘n Baccalaureus Slaag te kry moet jy;
- Ten minste 40% kry in jou huistaal
- Ten minste 50% in vier ander vakke
- Ten minste 30% in twee ander vakke
Vlak stelsel: Wat die grade beteken
Vlak 7
80–100% (Uitmuntende Prestasie)
Vlak 6
70–79% (Verdienstelike Prestasie)
Vlak 5
60–69% (Aansienlike Prestasie)
Vlak 4
50–59% (Matige Prestasie)
Vlak 3
40–49% (Voldoende Prestasie)
Vlak 2
30–39% (Elementêre Prestasie)
Vlak 1
0–29% (Nie bereik: Druip)
Hoe om jou matriek punte te bereken
Om te leer hoe om jou matriek punte te bereken kan jou help om universiteits toelating te kry. Jy sal navorsing moet doen oor verskillende universiteite omdat hulle elkeen hul eie APS telling vereistes het. APS staan vir “Admission Point Score”.
‘n “APS” telling word deur universiteite gebruik om te kyk of die studente kwalifiseer vir sekere kursusse.
Hoe kry ek my “APS” telling?
Om jou “APS” telling te bereken, het jy jou graad 11 se finale uitslae nodig. Jou matriek punt vlak word opgetel om jou totale “APS” telling te bereken. Sien tabel hier onder.
“APS” berekening voorbeeld
Die totale “APS” telling is 38
Lees die Engelse artiekel hier.
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel