Datum Gepubliseer: 21 Oktober 2020
Die COVID-19 pandemie het baie probleme veroorsaak vir die 2020 matriek klas. Hulle het klas gemis en hulle eksamen datums is verskuif, die graad 12 leerders het dit alles beleef.
Nog terugslag vir die 2020 matriek klas is die feit dat hul uitkoms van hul Universiteits toelating eers later vrygestel gaan word.
Wat jy moet weet
Hier is alles wat jy moet weet oor die later vrystellings datum van universiteits aansoeke
- Baie universiteite sal eers in Maart 2020 open: As gevolg van die laat vrystellings matriekuitslae, sal die universiteit eers in Maart open. Dit is om te verseker dat die matriek resultate behoorlik geassesseer word voor enige toelatings afgehandel word.
- Matriek uitslae word eers in Februarie vrygestel: Die finale matriek eksamen datums is geskuif. As gevolg van dit en die tekort aan nasieners sal die uitslae eers in Februarie vrygestel word.
- Universiteite kan moontlik die aansoek statusse bekend maak, 3 dae nadat die uitslae vrygestel is: Stellenbosch se woordvoerder het dit aan die lig gebring dat as alles volgens plan verloop, die aansoek uitslae vrygestel kan word, net 3 dae nadat die matriek uitslae bekend gemaak is.
- 2020 het die hoogste getal leerders wat hul matriek eksamen gaan skryf: Hierdie jaar, gaan die hoogste getal leerders ooit, hul finale matriek eksamen skryf. Dit beteken dan hierdie groot groep leerders dalk maande kan wag om te hoor van hul universiteits aansoek status.
- “National Benchmark Tests” kon nie in 2020 geskryf word nie: Die “NBT’s” word by ‘n leerder se resultaat gevoeg vir universiteits toelating. Jy kan nie inskryf vir seker kursusse, sonder dat jy die “NBT’s” geskryf het nie. As gevolg van COVID-19 kon die “NBT’s” nie jaar plaasvind nie, en studente moet daarsonder aansoek doen.
Lees die Engelse artiekel hier.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel