Die beste Memorisering tegnieke vir studente

Datum Gepubliseer: 23 November 2020

Met die Eksamen tydperk wat alreeds begin het, is dit altyd goed om ‘n paar wenke te hê wat jou kan help studeer.  Dit is veral belangrik vir vakke met baie teorie wat jy uit jou kop uit moet leer. 

Hier is ‘n paar van die beste memorisering tegnieke om jou te help met voorbereiding vir die eksamen: 

  • Akronieme 
  • Akrostika
  • Sleutelwoorde 
  • Slaap 
  • Leer deur jou foute 
  • Herhaling
  • Storie voering 
  • Dramatisering

Lees hier om jou voor te berei vir eksamen.

Akronieme

Akronieme is ‘n wonderlike hulpmiddel om te gebruik as jy dinge in orde moet onthou.  Neem die eerste letter van elke woord van die seksie wat jy moet onthou en maak ‘n nuwe woord. 

Byvoorbeeld:  SANLAM – sal die akroniem wees vir Suid Afrikaanse Nasionale Lewens – Assuransie Maatskappy.

Akrostika

Akrostika is ‘n goeie manier om jou geheue tydens die eksamen te help.  Soos met akronieme, neem jy die eerste letter van alles wat jy moet onthou, maar hierdie keer maak jy ‘n sin daarvan. 

Byvoorbeeld:  Die Hond Spring Oor Die Muur, dit sal die akrostika wees van die volgende woord:  Dassie, Haas, Olifant, Donkie Muis.

Klik hier om meer te leer oor akrostika.

Sleutel-woorde

Sleutel-woorde is ‘n goeie manier om inligting te onthou.  Gebruik rympies, prentjies of kenmerkende woorde om werk te onthou. 

Byvoorbeeld:  Indien jy moet onthou dat die samestelling van chirurgiese staal is yster, teken dan ‘n strykyster lang die woord Chirurgiese staal.

Op daardie manier sal jy die prentjie onthou en die werk onthou wanneer jy studeer.

Slaap

Dit is bewys dat indien jy vir 15 minute slaap, nadat jy ‘n seksie gestudeer het, jou brein die inligting 50% vinniger sal stoor. 

Probeer om deur jou notas te lees, voordat jy gaan slaap.  Op die manier sal jy baie meer inligting onthou as wat jy dink. 

Leer deur jou foute

‘n Goeie manier om die regte antwoord te leer, is om eers die verkeerde antwoord te kies.  Indien jy die verkeerde antwoord gekies het en jy weet daarna dat dit die verkeerde keuse was, sal jy heel waarskynlik die regte antwoord onthou in die eksamen. 

Dit is omdat negatiewe emosies ‘n sterker sneller het as positiewe emosies.  Daarom sal ons altyd die verkeerde antwoorde onthou.

Met hierdie metode, sal jy nie sommer weer die verkeerde antwoord kies nie.  Werk deur ou vraestelle, jy sal gewoonlik die vrae wat jy verkeerd beantwoord het in die oefening, reg antwoord in die eksamen.

Herhaling

Of dit nou deur doen, lees of luister is, herhaling is ‘n baie goeie manier om jou werk te onthou. 

  • Luister:   As jy herhaaldelik na die onderwerp luister, sal jy dit makliker onthou.  Dit werk baie goed met tale, hoe meer mens daarna luister, hoe makliker sal dit wees om dit te herhaalDit is dieselfde soos wat ons na musiek luister en die woorde onthou, sonder dat ons  aktief die woorde probeer memoriseer.
  • Lees:  Herhalende leeswerk, is ‘n uitstekende manier om werk te onthou.  Hoe meer jy lees,  hoe makliker sal dit wees om die werk te onthou.
  • Doen:  Hoe meer jy oefen, hoe makliker sal dit word. Dit geld vir praktiese vaardighede ook, soos om ‘n klavier te speel.

Storie Voering

As jy ‘n storie skep met die inligting wat jy moet weet, is die kanse goed dat jy dit sal onthou.  Hierdie opwindende manier van leer is baie interaktief en sal jou help  om moeilike inligting in die vorm ‘n storie te onthou.  

Dit is ook ‘n goeie manier om brokkies inligting bymekaar te bring en jou te help om by tydlyne en chronologiese volgorde te hou.

Dramatisering

Deur van jou inligting of onderwerpe op te tree, is ‘n goeie manier om dit te onthou.  Die dramatisering help jou ook om aksies aan jou werk te koppel.

Dit is ‘n fantastiese manier om jou werk te memoriseer, indien nie een van die vorige opsies vir jou gewerk het nie.

Hier is ‘n paar eksamen wenke.

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler:  Michelle Faddel