Hoe pas jy aan by afstandonderrig?

Datum Gepubliseer: 20 November 2020

Wil jy graag leer hoe om by afstandonderrig aan te pas?  Hier is van die beste wenke om jou te help:

  • Pas jou kommunikasie vaardighede aan
  • Kies die beste hulpmiddel en hou daarby
  • Hou by ‘n skedule
  • Gee jouself ‘n ruskans

Pas jou kommunikasie vaardighede aan

Daar is verskeie aanlyn hulpmiddels beskikbaar vir onderwysers om lesse vir hulle leerders aanlyn te gee.  Hierdie lesse kan ook opgeneem word, sodat leerder later daarna kan kyk. 

Leerders kan ook gebruik maak van hierdie platforms om met ander studente te kommunikeer tydens studie sessies.

Leerders en onderwysers kan die volgende platforms gebruik:  Zoom, Google Meet, Skype en nog vele meer!

Kies die beste hulpmiddel en jou daarby

Soek ‘n aanlyn hulpmiddel wat vir jou sal help met jou studies en hou daarby.  Om aan te pas by afstandonderrig kan ‘n uitdaging wees en die gebruik van veelvuldige hulpmiddels vir jou studies kan verwarring veroorsaak.

Dit beteken nie dat jy nooit jou studies hulpmiddels moet verander nie, dit beteken net dat jy nie elke tweede dag jou hulpmiddels moet verander nie.

Soek vir een wat die beste vir jou werk en hou daarby sodat jy gefokus kan bly op die aanleer van nuwe konsepte.

Hou by ‘n skedule

Soos wat jy ‘n klasrooster het vir jou kontak klasse, moet jy een hê vir aanlyn klasse ook.  ‘n Rooster of skedule bied ‘n gevoel van dissipline en konsekwentheid.

Gee jouself ‘n ruskans

Moenie te hard op jouself wees nie.  Maak seker jou neem gereelde ruskanse.  Dit sal jou brein help om al die inligting te prosesseer.

Indien daar dinge is, wat jy dalk gemis het gedurende ‘n sessie, moet nie daaroor stres nie, kry hulp by jou onderwysers of ander leerders.

Voordele van Afstandonderrig

Hier is ‘n lys van afstandonderrig voordele 

  • Jy leer tegniese vaardighede 
  • Jy leer teen jou eie pas 
  • Jy kan enige tyd op enige plek studeer 
  • Jy kan werk terwyl jy studeer 
  • Jy leer Tydbestuur vaardighede

Wenke hoe om jou kind te help aanpas by afstandonderrig

  • Stel daaglikse roetines en verwagtinge op
  • Behou buigsaamheid
  • Skep ‘n toegewyde spasie vir afstandonderrig
  • Neem ruskanse
  • Oefen om geduldig te wees
  • Wees bedag op die jou kind se welstand

Stel daaglikse roetines en verwagtinge op

Deur  om ‘n daaglikse roetine op te stel sal jou kind leer oor dissipline.  Jou kind sal ook waardevolle vaardighede leer soos tydbestuur en organisatoriese vaardighede.

Behou buigsaamheid

Gee jou kind tyd om aan te pas by die nuwe roetine wat jy ingestel het.

Skep ‘n toegewyde spasie vir afstandonderrig

Dit sal jou kind help om die verskil tussen skooltyd en persoonlike tyd vas te stel.  Betrek jou kind by die opstel en wegpak van die dag se take, sodat hulle ook weet wanneer hulle dag begin en eindig.

Neem ruskanse

Skep tyd vir ruskanse.  Moedig jou kind aan om om tydens ruskanse ‘n paar rek- oefeninge te doen of selfs net om die blok te stap.

Oefen om geduldig te wees

Die oorgang na afstandonderrig kan vir jou en jou kind uitdagend wees.  Indien jou kind maklik gefrustreerd raak, laat hulle toe om ‘n breek te neem en later weer voort te gaan met hulle werk.

Wees bedag op jou kind se welstand

Praat met jou kind oor enige bekommernisse wat hulle dalk mag hê.  Skep ‘n veilige ruimte vir jou kind waar hulle vry kan voel om enige probleme wat hulle dalk ervaar, met jou te bespreek.

Klik hier vir meer inligting oor Afstandonderrig

Studeer by Matriek Kollege

Matriek Kollege is ‘n Afstandonderrig Instelling wat daarin spesialiseer om leerders ‘n tweede kans te gee om om verder te studeer. Matriek Kollege bied ‘n verskeidenheid van kursusse aan wat jy in die gemak van jou eie huis kan studeer.

Begin vandag!

Skakel ons by  012 762 7100 om te registreer.

Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel