Datum Gepubliseer: 19 November 2020
Dit is baie belangrik om ‘n gesonde balans in jou beroep-lewe te handhaaf. Nie net is dit goed vir jou algehele welstand nie, maar dit help jou ook om meer produktief te wees in jou werk.
Deur ‘n gesonde balans te handhaaf, sal jy ook minder stres ervaar in jou beroepslewe en privaat lewe.
Kies ook n loopbaan wat by jou pas.
Wat kan jy doen om ‘n gesonde balans in jou beroep-lewe te handhaaf.
- Stel grense met jou bestuurder en kollegas
- Vermy Multitaak-verrigtinge
- Gee jouself aftyd
Om ‘n gesonde balans te handhaaf in jou beroep-lewe, is dit belangrik om vir jouself realistiese doelwitte te stel. Moet jou nie binne ‘n beperkte tyd met groot volumes werk oorweldig nie.
Hier is ‘n paar wenke om jou te help ‘n gesonde balans handhaaf:
- Stel grense met jou bestuurder en kollegas
- Vermy Multitaak-verrigtinge
- Gee jouself aftyd
Stel grense met jou bestuurder en kollegas
Dit is die beste om jou rolle en verwagtinge met jou bestuur te bespreek. Dit is belangrik sodat jou rolle nie mekaar oorvleuel nie.
Vermy Multitaak-verrigtinge
Alhoewel sommige mense redeneer dat hulle goed mag wees in Multitaak-verrigtinge, dit sal jou help om meer effektief te werk as jy net op een taak fokus.
Gee jouself aftyd
Dit is baie belangrik om jouself soms net aftyd te gee. Gebruik die tyd om te ontspan en ter selfde tyd gee jy jou brein ook ‘n ruskans. ‘n Goeie ruskans gee jou ook ‘n geleentheid om jou gedagtes te bevry van onnodige stres.
Hoekom is dit belangrik om ‘n gesonde balans te handhaaf in jou beroep-lewe
‘n Gesonde balans in jou beroep- lewe speel ‘n belangrike rol in die handhawing van ‘n gesonde lewenstyl. Handhawing van ‘n gebalanseerde beroep lewe help om spanning te verminder en gee jou die kans om in ‘n gesonde omgewing te lewe.
Kroniese stres is een van die mees algemene gesondheidsprobleme in die werkplek. Dit kan ly na fisiese probleme soos hipertensie, spysvertering probleme, kroniese pyne en selfs hartprobleme.
Die handhawing van ‘n gesonde balans in jou beroep-lewe is belangrik en is ‘n groot bydraende faktor tot jou gesondheid.
Wat beïnvloed ‘n beroep-lewe balans?
Hier is ‘n lys van faktore wat die balans van jou beroep-lewe kan affekteer.
- Slegte tyd-bestuur
- Dinge uitstel
- Gebrek aan behoorlike beplanning
- Oorlaai van take
Waarop kan ek by die werk verbeter?
Sorg dat jy altyd positief bly, dit sal ‘n gesonde werksomgewing vir jou skep. Dit is ook baie belangrik dat jy altyd goed uitgerus is, sodat jy produktief in die werk plek is.
5 wenke om die balans in jou beroep-lewe tydens studie te vervolmaak:
- Moenie uitstel nie
- Neem nou en dan ‘n dag af
- Vermy afleiding
- Sorg vir jou geestesgesondheid
- Hou by jou skedule
Moenie uitstel nie
Sodra jy werk uitstel, stapel dit op tot ‘n onbeheerbare punt. Maak seker jy werk aan al jou take om dit terwyl jy tyd het.
Neem nou en dan ‘n dag af
Deur nou en dan ‘n dag af te neem om te ontspan, help jou meer produktief te wees in jou werk, jou studies en jou persoonlike lewe. Jou brein en liggaam het ook die ruskans nodig.
Vermy afleiding
Vermy dinge wat jou aandag sal aftrek van jou werk, soos tyd spandeer op sosiale media of internet. Dit is belangrik dat jy gefokus bly op die taak waaraan jy werk.
Sorg vir jou geestesgesondheid
Jou geestesgesondheid is jou nommer 1 prioriteit. Voordat jy in enige aspek in jou lewe kan presteer, moet jy seker wees jy kyk na jou geestesgesondheid eerste. Indien jy oorweldig of net nie jouself voel nie, reik uit na ‘n familie lid of betroubare vriend om te praat oor hoe jy voel.
Indien jy sukkel met depressie of angstigheid kontak: Suid Afrikaanse Depressie en Angstigheid Groep (SADAG) vir hulp.
Noodnommers:
Selfmoord Krisis Lyn: 0800 567 567
SADAG Geestesgesondheid lyn: 011 234 4837
Hou by jou skedule
Dit is altyd ‘n goeie idee om al jou take en aktiwiteite vooraf te beplan. Wanneer jy ‘n skedule opstel, verseker jy dat geen taak onafgehandel bly nie.
Deur te hou by jou skedule sal jy die vaardighede van tydbestuur en beplanning aanleer. Google Kalender kan gebruik word as ‘n goeie tydbestuur instrument.
Vir meer wenke hoe om ‘n werk te kry, lees hier.
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel