Kies ‘n loopbaan wat by jou pas

Datum Gepubliseer: 12 November 2020

As jy nie seker is oor watter loopbaan jy wil volg nie, kyk hier na ‘n paar wenke om jou te help besluit.

Hoe om ‘n loopbaan te kies wat by jou pas:

  • Ken jou sterk punte
  • Neem ‘n beroepstoets
  • Ontdek jou persoonlikheid tipe
  • Soek advies
  • Soek ‘n beroep wat by jou persoonlikheid pas en nie net jou vaardigheid nie
  • Passie is genoeg

Ken jou sterk punte

Maak ‘n lys van al jou vaardighede en kies die vaardigheid waarin jy die beste presteer.  Deur jou sterkste vaardigheid te kies, sal jou ook help om te presteer in jou loopbaan. 

Neem ‘n beroepstoets

Indien jy onseker is jou loopbaan keuse, sal ‘n beroepstoets jou help bepaal waar jou sterk punte lê.  Die doel van ‘n beroepstoets is om jou vaardighede te identifiseer en te assesseer. 

‘n Beroepstoets sal ook verskillende beroepe voorstel wat ooreenstem met jou sterk punte.

Hier is ‘n gratis beroepstoets.

Ontdek jou Persoonlikheid tipe

Dit is een van die mees belangrikste faktore om te oorweeg wanneer jy ‘n beroep kies.  Dit is belangrik om bewus te wees van jou persoonlikheid sodat jy ‘n beroep kan kies wat by jou pas.

Soek advies

Besoek ‘n Beroep Spesialis vir professionele raad of praat met iemand wat jy as ‘n mentor beskou.  Deur advies te soek sal jou help om meer kennis in te win asook meer duidelikheid te kry oor watter loopbaanrigting jy moet volg.

Soek ‘n beroep wat by persoonlikheid pas en nie net jou vaardigheid nie.

In baie gevalle kies mense beroepe oor hul vaardighede.  Net omdat jy goed in ‘n sekere beroep, beteken nie dat jy gelukkig sal wees nie. 

Sommige mense het ‘n baie lang vaardigheid lys, wat beteken dat hulle goed sal wees in bykans enige beroep.  As vaardigheid jou enigste manier was om jou beroep te kies, sou dit amper onmoontlik gewees het om ‘n beroep te kies.

Passie is genoeg

Die adviserende woorde “doen waarvoor jy lief is” mag dalk motiverende klink, maar dit is noodwendig die beste advies nie. 

Jan Badenhorst, die Hoof Uitvoerende Beampte van Matriek Kollege het in ‘n onderhoud gesê: “ Ek het met my eerste werk “indiensopleiding” ontvang.  Met my eerste besigheid het ek besef hoe ‘n gebrek aan opleiding in dinge soos, Besigheidsbestuur, Rekeningkunde, Menslike Hulpbronne ens, ‘n groot nadeel was.  

Alhoewel Jan ‘n passie het vir besigheid, het hy ook besef dat formele opleiding baie belangrik vir jou loopbaan.  Sodra jy weet watter loopbaan jy wil volg, moet jy gaan navorsing doen oor kursusse wat jy moet studeer om die regte vaardighede en kennis te leer.

Matriek Kollege bied ‘n verskeidenheid van kursusse aan waarvan  jy kan kies en keur.  Klik hier vir meer inligting.

Waarna om in ‘n loopbaan te kyk

In plaas daarvan om jou te bekommer oor jou passie,  moet jy jouself die volgende vrae vra oor jou beroepskeuse:

  • Is dit ‘n loopbaan wat jou interesseer en energie gee?
  • Is dit volhoubaar (wat beteken dat iemand jou sal betaal om dit te doen)?
  • Is dit ‘n loopbaan waarin jy goed sal wees?

Drie redes om ‘n beroep te kies wat by jou persoonlikheid pas:

  • Goeie kulturele konneksie
  • Goeie beroep prestasie
  • Beter beroep tevredenheid

Goeie kulturele konneksie

Deur ‘n beroep te kies wat goed pas by jou persoonlikheid, sal beteken dat jy maklik sal inpas by die kulturele omgewing van jou werksplek.  As jou werk ooreenstem by jou persoonlikheid sal jy beter kontak maak met jou kollegas en kliënte.

Mense met uitgaande, ekspressiewe persoonlikhede kies normaalweg ‘n beroep waar hulle te doen het met baie of groot groepe mense.  Diegene wat stiller is van geaardheid sal verkies om met kleiner groepe te werk of selfs net agter die skerms te werk.

Goeie beroep prestasie

Wanneer jy op ‘n beroep besluit, is dit belangrik om verby die beroep titel te kyk.   Doen navorsing om uit te vind wat die daaglikse aktiwiteite van daardie beroep is.  Dit sal jou ook help om te besluit of jou persoonlikheid eienskappe by die spesifieke beroep sal pas.

Deur ‘n beroep te kies wat by jou persoonlikheid pas, sal jou help om meer produktief in jou rol te wees. Wanneer jou beroep ooreenstem met jou persoonlikheid, sal baie verantwoordelikhede natuurlik voorkom wat tot beter algehele prestasie sal volg.

Beter beroep tevredenheid

Ons hoor so baie van mense wat hul beroepe haat, meestal omdat hulle nie geniet wat hul doen nie.  Deur ‘n beroep te kies wat ooreenstem met jou persoonlikheid sal jou produktiwiteit in jou rol verhoog.

Jy sal ‘n positiewe houding in die werkplek ontwikkel.

Lees die Engelse artikel hier.

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel