Datum Gepubliseer: 5 November 2020
Ons by Matriek Kollege het die proses vereenvoudig om jou Matriek te kry. Al ons kursusse word deur afstandsonderrig aangebied, vir diegene wat nie elke dag klasse kan bywoon nie.
Wat is my Opsies?
Indien jy daaraan dink om jou matriek oor te doen, het ons ‘n paar opsies beskikbaar vir jou. Kies die een wat jou behoeftes die beste pas.
- Matriek Opgradering – Dit is jou beste opsie, sou jy graag jou matriek wou oordoen om beter uitslae te kry. Jy hoef geen klasse by te woon nie. Jy skryf net die vakke oor, waarvan jy die uitslae wil verbeter.
- Volwasse Matriek – Nooit die geleentheid gehad om matriek te voltooi nie? Wat ook al jou rede mag wees, jy het nou die geleentheid om jou matriek sertifikaat te kry. Jy hoef geen gewaagde aandklasse by te woon nie. Kry jou sertifikaat deur afstandsonderrig.
- Matriek Herskryf– Verbeter jou punte deur die vakke wat jy gedruip het oor te skryf. Jou finale jaar op skool is NIE jou enigste kans om Matriek te kry nie.
Wat is Ekwivalent aan Matriek?
Nog ‘n opsie wat Matriek Kollege jou aanbied is Matriek Ekwivalente opsies. Anders as Matriek, bied ICB programme ons studente bedryf spesifieke kennis en vaardighede aan. Hier is die matriek ekwivalente kursusse waarvoor jy kan inskryf:
- Finansiële Rekeningkunde – Hierdie program is ook bekend as ons ICB Oorbrugging Kursus. Jy het slegs graad 10 nodig om hierdie kursus te voltooi. Daar is drie vlakke, asook die opsie om een van die ander strome te voltooi wat Graad 11 of 12 vereis.
- Rekeningkunde in die Openbare Sektor – Met graad 11 of ‘n ander ekwivalente kwalifikasie kan jy met die kursus begin. Sodra jy al die vlakke voltooi het, sal jy gekwalifiseerd wees as ‘n Openbare Sektor Rekenmeester.
- Besigheid Bestuur – Wil jy verantwoordelik wees vir ‘n maatskappy se kommersiële sukses? Nou kan jy, met net ‘n graad 11 kan jy begin studeer om jou drome te bewaarheid.
- Entrepreneurskap – Indien jy daarvan droom om jou eie onderneming te begin en die baas daarvan te wees, is hierdie die beste kursus vir jou. Begin met so min as ‘n graad 11 of ‘n ekwivalente kwalifikasie.
Hoekom het ek Matriek nodig?
Daar is ‘n paar redes hoekom jy matriek nodig het. Eerstens, matriek is ‘n vereiste vir meeste intree-vlak poste. Dit kan jou meer opsies gee in die arbeidsmark.
‘n Matriek of ekwivalente kwalifikasie word ook vereis wanneer jy verder wil studeer by ‘n universiteit of kollege.
Vaardigheid Gebaseerde Kursusse
Matriek of matriek ekwivalente kursusse is nie ons enigste opsie vir jou nie. Ons offer ook Vaardigheid Gebaseerde Kursusse aan, wat so ontwerp is om jou werkplek gereed te maak. Hier is ‘n paar opsies:
Nasionale Diploma Kursusse (NATED) – Matriek Kollege is in vennootskap met Bellview Institute of Distance Learning. Vir ons NATED Kursusse, het jy matriek nodig om in te skryf. Elke program het 3 vlakke wat voltooi moet word. Nadat jy al die vlakke voltooi het, het jy 18 maande bedryf verwante opleiding nodig om jou Nasionale Diploma te behaal.
Verskaffers Programme – Alhoewel hierdie kursusse nie geakkrediteerd is nie, sal jy steeds gehalte opleiding ontvang. Hierdie kursusse is ontwerp deur kundiges in die bedryf wat daarop fokus om jou die vaardigheid te gee om makliker aangestel te word in ‘n pos.
- Educare en Kindersorg Kursusse
- Skoonheid Kursusse
- Geleentheid en Troue Beplannings Kursusse
- Toerisme & Gastehuis Bestuur
Sukses Begin Met Jou
Is jy gereed om jouself nog ‘n kans te gee? Kontak een van kursus spesialiste om dinge aan die rol te kry. Jy moet ons net skakel op 012 762 7100, OF vul die kontak vorm in, en ons skakel jou terug.
Lees die Engelse artikel hier
Outeur: Cherri-Lee Rhode
Vertaler: Michelle Faddel