Datum Gepubliseer: 6 November 2020
By, Matriek Kollege kan jy ‘n Matriek Opgradering doen, en jou resultate verbeter.
Soms gebeur dit dat leerders hul matriek punte kry en nie tevrede is met die uitslae nie. Gelukkig is dit vir studente wat hul uitslae wil verbeter, nie die einde van die wêreld nie.
Wat is Matriek Opgradering?
‘n Matriek Opgradering is presies dit, opgradering van jou matriek uitslae. Jy mag dalk matriek voltooi het, met lae punte in wiskunde en wetenskap, en nou kan jy nie toelating tot universiteit kry nie. ‘n Matriek Opgradering verander dit alles.
Na matriek het jy die opsie om ‘n Matriek Opgradering te doen in al jou vakke of net die waarin jy die punte wil verbeter. Sodra jy die nuwe uitslae ontvang het, kan jy dit byvoeg op jou matriek sertifikaat en die sertifikaat sal dan dienooreenkomstig gewysig word. .
Hierdie sertifikaat is dieselfde as wat jy aan die einde van matriek sou ontvang het. So of jy nou jou punte in matriek gekry het, of tydens jou matriek opgradering – sal niemand ooit weet nie!
Is dit anders as Volwasse Matriek?
‘n Volwasse Matriek is vir indiwidue wie glad nie matriek voltooi het nie. Volwasse matriek is ‘n drie-jaar kursus wat die indiwidu help opvang met grade 10 tot 12.
‘n Matriek Opgradering is alleenlik vir leerders wat hulle matriek eksamen geskryf het, maar ‘n tweede kans wil hê om hul punte te verbeter.
Waarom moet ek ‘n Matriek Opgradering doen?
‘n Matriek Opgradering is ‘n fantastiese manier om jou punte op jou matriek sertifikaat te verbeter, wat jou ook sal help met toelating vir universiteit!
Indien jy nie so goed gevaar het nie, of jy wil graag van jou punte verbeter, is dit die beste opsie vir jou.! Deur bietjie meer te fokus, sal jy in staat wees om jou hele loopbaan pad te verander!
Waar kan ek ‘n Matriek Opgradering doen?
Matriek Kollege bied jou die geleentheid vir ‘n tweede kans. Klik hier om meer te leer oor Matriek Opgradering.
Neem die eerste stap om die kanse in jou toekoms te verbeter en doen ‘n Matriek Opgradering!
Teken my op!
Wil jy inteken vir ‘n Matriek Opgradering? Registreer hier en laat jou toekoms begin!
Lees die Engelse artikel hier
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel