Onderhoud met die Hoof Uitvoerende Beampte van Matriek Kollege

Datum Gepubliseer: 9 November 2020

Jan Badenhorst , die Hoof Uitvoerende Beampte van  Matriek Kollege was op ‘n lang suksesvolle reis na sukses.  Geïnspireer en ywerig om meer van hom te leer, het ek ‘n onderhoud met hom gevoer oor sy lewe en loopbaan in Onderwys. 

Hier is die volledige onderhoud met Jan Badenhorst waar hy praat oor sy loopbaan, besigheid en hoe jy ‘n suksesvolle entrepreneur kan word.

Die Onderhoud

Hoe het jy begin om die Hoof Uitvoerende Beampte van Matriek Kollege te word?

My loopbaan het in 1992 begin, by INTEC Kollege.  Na 16 jaar by INTEC, meestal in Bemarking en Akkreditasie poste, het ek my eie besigheid (College SA) in 2007 begin met finansies wat my susters vir my gegee het.

Ek het College SA uitgebrei vir ongeveer 9 jaar en het my laaste aandele in 2016 verkoop (nadat ek afgedank is).  In 2016 het ek Skills Academy  en ander bates van College SA oorgekoop en van voor af begin. 

Die laaste 4 jaar het ek gewerk aan Skills Academy en die Bellview Institute of Distance Learning.  En laasjaar, September (2019) het ons Matriek Kollege bekend gestel.

Matriek Kollege het baie vinniger gegroei as wat ons verwag het.  Die laaste jaar het ons gekonsentreer om ‘n goeie bestuurspan in plek te kry vir Skills Academy, sodat ek kon fokus op Matriek Kollege .  Ek stel binnekort ‘n nuwe Hoof Uitvoerende Beampte aan vir Skills Academy en sal dan net die Hoof Uitvoerende Beampte wees van Matriek Kollege.

Die geleentheid om ‘n kollege bekend te stel wat Volwasse Matriek aanbied, is iets waarvoor ek al jare wag.  Jare terug, in die 1990’s kon volwassenes matriek kry, maar eers lank nadat hulle skool verlaat het.

Volwasse Matriek was mettertyd uitfaseer deur die owerhede.  Dit was ‘n lang wag, totdat hulle besluit het om dit weer in te bring vir werkende volwassenes, wat nooit skool klaar gemaak het nie. Ongeveer helfte van die kinders wat skool begin, sal nooit in ‘n matriek klas sit nie.  Die vraag vir volwassenes om matriek te kry is groot.

Volwasse Matriek kan behaal word sonder ‘n klas-merk.  Jou finale matriek resultate is alleenlik gebaseer op jou volwasse matriek eksamen punte.  Met die regte vakkeuses, kan Volwasse Matriek jou toegang gee vir verdere studies by ‘n Universiteit.

Waarom het jy besluit in ‘n Onderrig loopbaan?

Alhoewel, albei my oupas skoolhoofde was en my ma ‘n juffrou, het ek nooit onderwys oorweeg as ‘n beroep vir my nie.

Ek het Afrikaans en Engels studeer by ‘n Universiteit en ‘n diploma verwerf in Vertaling.  Daarna het ek my Honneurs Diploma gedoen in Joernalistiek.

Ek was opsoek na werk en ‘n vriend van my, het gewerk in die publikasie afdeling van INTEC Kollege, het vir my ‘n onderhoud gereël.  Aangesien ek hoog opgelei was in tale en skryfwerk, het ek die werk gekry.  Ek het hulle studie materiaal geredigeer. 

By INTEC Kollege het die Bemarking pos my meer geïnteresseer publikasie.  Na ongeveer drie jaar was ek ‘n geleentheid geoffer en het oorgegaan na Bemarking. 

Ek het dus per ongeluk in Onderwys beland!

Wat maak Matriek Kollege anders as ander Afstandonderrig Instelling?

Ons het nie ‘n houvas op ons studente nie.

Meeste kolleges laat die studente in Krediet Ooreenkoms teken.  Sodra jy geteken het, moet jy die volle kursus fooi betaal.  

ByMatriek Kollege, verstaan ons dat die studente werkende volwassenes is.  Hulle onderrig loopbaan kan ewe skielik verander.  So ons studente kan hulle kursusse verander of ophou studeer, sonder om groot boetes te betaal.

Wat is jou definisie van ‘n Entrepreneur en sou jy jouself ag as een?

‘n Entrepreneur is iemand wat meer stres en pyn kan verduur as ander.  Asook iemand wat daarmee kan saamleef om “verkeerd” te wees vir ‘n lang tyd.

Ten spyte van daardie geestelike en emosionele karaktereienskappe, het ek ook gevind dat  kennis van die basiese beginsels hoe om ‘n besigheid te bestuur, belangrik is. Ek het nooit Besigheid studeer nie.  Ek het met my eerste werk “indiensopleiding” ontvang. 

Met my eerste besigheid het ek besef hoe ‘n gebrek aan opleiding in dinge soos, Besigheidsbestuur, Rekeningkunde, Menslike Hulpbronne ens., ‘n groot nadeel was.  

Ek sien myself tog as ‘n Entrepreneur, omdat ek ‘n besigheid doel kan nastreef, ten spyte van enige teenspoed wat ek kan ontvang.  Ek gee nie op nie.  Wat natuurlik ‘n groot sterk punt asook ‘n groot swakheid kan wees.

(Indien jy dit oorweeg om ‘n loopbaan te volg in Entrepreneurskap, kyk na die kursusse wat Matriek Kollege aanbied hier )

Is daar enige advies wat jy vir die Matriek Kollege studente kan gee?

Die beste manier om voor te berei vir die matriek eksamen is om deur ou vraestelle te werk.  Jy moet maak of jy besig is met ‘n regte eksamen. So kry vir jou ‘n ou vraestel, stel jou stophorlosie op jou foon vir die tydsduur toelaatbaar vir die vraestel en probeer dit voltooi sonder enige hulp.

Merk dan die vraestel, sodoende sal jy kan sien waar jy goed gedoen het en watter areas jy meer aandag aan moet gee.  In my opinie, is dit die beste manier om voor te berei vir die eksamen.

Wat is jou wenke om ‘n eksamen te slaag?

Bly kalm. Moenie met ander leerders praat wat jou meer sal laat stres nie.  Meer leerders misluk omdat hulle bang is, as leerders wat nie genoeg geleer het vir hul eksamen nie.

Wanneer jy angstig voel, haal diep asem. Hou aan om jou self aan te moedig dat jy die eksamen SAL slaag.

Wat dink jy kan ons verwag van die 2021 akademiese jaar na alles wat in 2020 gebeur het?

Die matriek uitslae sal eers op die 23ste Februarie 2021 beskikbaar wees.  Dit is ses of sewe weke “later” as die normale tyd in die verlede. Dit sal ‘n rimpeleffek hê op baie dinge verwant met studies.

Byvoorbeeld, universiteite sal laat begin, omdat sommige leerders nog hul 2020 akademiese jaar moet voltooi.  Uiteraard van die saak, sal studente eers weet of hulle aanvaar is by universiteite sodra hulle uitslae bekend gestel word.

Volgende jaar sal dus ‘n kort akademiese jaar wees.  Studente (en lektore) sal ekstra werk moet insit om die volle jaar se werk te voltooi.

As gevolg van die matriek uitslae wat so laat bekend gestel word, kan kolleges en ander onderrig instellings oorval word met aansoeke, van studente wat nie by Universiteite kon inkom nie.

Ons het nog nie duidelikheid ontvang of studente wat een of twee vakke nie geslaag het nie, die vakke kan oordoen in volgende jaar se Mei/Junie eksamens nie.  Daar is op die stadium baie onduidelikhede!

Watter kursusse sal jy, as ‘n professionele opvoedkundige, aan studente voorstel om te studeer?

Matriek Kollege het onlangs hul akkreditasie ontvang van “The Institute of Certified Bookkeepers”. Ek is ‘n groot aanhanger van hul programme.  Ek hou ook van die idee dat jy slegs graad 10 of 11 nodig het om te kwalifiseer vir hulle kursusse. 

Hulle programme is beroep georiënteerd.  Dit berei jou werklik voor vir ‘n loopbaan in ‘n regte werksomgewing.  Hulle studievelde fokus op skaars vaardighede.

Studie areas soos Boekhouding of Kantooradministrasie.  Met hierdie kursusse verhoog jy jou kanse om makliker werk en verhogings te kry as baie ander kursusse.  

(Kyk na die ICB kursusse wat Matriek Kollege aanbied hier.)

Wat sal jy vir jong mense sê wat hul eie besigheid wil open?

Indien jy dink dit is wat jy wil doen, doen dit vinnig.  Moenie wag vir die regte tyd nie.  Vandag is die regte tyd.

Verstaan dat jy een of ander stadium gaan misluk.  99% van nuwe besighede misluk.  Jy moet gereed wees om mislukking te hanteer.

Dit sal die mees opwindendste en belonendste ding wees wat jy in jou lewe doen!

Lees die Engelse artikel hier.

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler:  Michelle Faddel