Datum Gepubliseer: 10 November 2020
Jy moet ‘n goeie spel-plan hê om jou matriek met lof te kan slaag. Hier is ‘n paar studie wenke om te help.
5 Studie wenke om jou te help jou eksamen slaag:
- Beplan jou aanval
- Maak gebruik van jou hulpmiddels
- Kry ‘n studie maat
- Herhaling is die beste resep
- Kyk na jouself
Beplan jou aanval
Dit is baie belangrik om ‘n aanvalsplan tydens die eksamen tydperk te hê. ‘n Goeie aanvalsplan sal jou help om te bepaal wat die mees belangrikste is en jou ook op skedule hou van jou vordering.
‘n Studie rooster is ‘n goeie stap in jou aanvalsplan. Met ‘n studie rooster word jy verantwoordelikheid gehou vir jou eie studies. ‘n Studie rooster sal jou ook help om jou tyd meer effektief bestuur.
Maak gebruik van jou hulpmiddels
Neem tyd om gebruik te maak van hulpmiddels soos:
- Ou studie notas
- Ou eksamen vraestelle
- Studie gidse
Klik hier hier om toegang te kry tot die hulpmiddels vir elke vak.
Kry ‘n studie maat
Dit kan baie nuttig wees om ‘n studie maat te hê wat jou kan help om jou werk te hersien. Ons almal het onderwerpe wat ons beter verstaan as ander. Studie maats kan mekaar help om verskillende onderwerpe beter te verstaan.
Herhaling is die beste resep
As jy by jou studie program hou en herhaaldelik hersien, sal dit jou help om jou eksamen te slaag. Wanneer jy jou werk oor en oor en oor hersien, sal jy ten volle voorbereid wees vir jou eksamen.
Kyk na jouself
Jou welstand moet vir jou ‘n prioriteit wees. Maak seker jy drink genoeg water en hou by ‘n gebalanseerde en gesonde dieet. Gesonde kosse is belangrik, hierdie tipe kosse help jou beter konsentreer en hou jou energie vlakke hoog.
Kry genoeg oefening in, dit is ‘n goeie manier om van onnodige stres ontslae te raak. Dit beteken nie jy moet heeldag gewigte optel nie, 15 minute se stap om die blok behoort genoeg te wees om jou aan die gang te hou.
Wenke van die Departement van Onderwys
Hier is 10 wenke van die Departement van Onderwys:
- Blok alle negatiwiteit en behou ‘n positiewe ingesteldheid. Herinner jouself hoe belangrik dit vir jou is en dat jy op die ou einde daarby sal baat vind.
- Kry al jou studie materiaal bymekaar voordat jy begin met jou studies.
- Studeer slimmer, nie harder nie. Kry genoeg rus en probeer elke aand 8 ure slaap inkry.
- Stap vir oefening. Neem genoeg rus kanse. Genoeg vars lug sal jou help om inligting makliker te prosesseer.
- Verdeel jou studie sessies. Moenie alles op een slag probeer inneem nie. Jou brein moet kans hê om inligting te prosesseer.
- Fokus meer op die areas waarmee jy sukkel en wees vol vertroue in die gedeeltes wat jy verstaan.
- Gebruik kleure en prentjies.
- Herhaling is die sleutel tot sukses! Hou aan studeer en hersien.
- Vra iemand om jou te help hersien, deur na jou notas te luister.
- Beloon jouself met ruskanse. Neem genoeg ruskanse om te ontspan.
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel