Help jou kind deur Matriek

Datum Gepubliseer: 11 November 2020

Die 2020 matriek klas verkeer onder druk as gevolg van die COVID-19 pandemie. Die 2020 akademiese jaar was in chaos gedompel met talle studente wat nie skool kon bywoon nie, insluitend aanlyn modules, gedurende die nasionale grendel tydperk. 

Die matriek leerders het nou soveel as moontlik bystand nodig, voor die finale eksamens begin.  Al die studente verkeer onder geweldige druk om hul agterstallige klaswerk en sillabus te voltooi, voordat hulle  hul finale matriek eksamen skryf. 

Hier is ‘n paar maniere hoe jy jou kind kan help om matriek te slaag:

  • Probeer spanning vermy
  • Help hulle met om ‘n studie rooster te beplan
  • ‘n Gesonde dieet doen wonders vir die siel
  • Slaap genoeg
  • Glo in jou kind

Die O-VLOK-H metode wys jou stap vir stap hoe om uit handboeke te leer.


O-VLOK-H Metode

Probeer spanning vermy

Stres het ‘n negatiewe uitwerking met ‘n samevoeging van verskillende simptome.  In die geval, kan stres jou kind verhinder om te studeer en inligting onthou.

Daar is geen punt om die verlore leertyd te bespreek of  die bekommernis van jou kind te weerspieël nie.  Stel eerder ‘n voorbeeld en verduidelik aan jou kind dat die  hy/sy so hard as moontlik moet studeer.

Probeer om nie gespanne te wees in die teenwoordigheid van jou kind nie!   Probeer eerder jou spanning omskakel in ‘n positiewe aktiwiteit soos om hulle te help studeer, vrae te vra en te verseker dat hulle ‘n gebalanseerde leefstyl volg.

Help hulle om ‘n goeie studie rooster te beplan

Studie roosters is die beste manier om te verseker dat jou kind hul matriek jaar slaag.  Help hulle om ‘n goeie studie rooster te beplan, wat al hul werk bevat, asook genoeg rus kanse.

Hou die studie sessies tussen 30-60 minute, gevolg deur ‘n tien-minute rus kans.  Dit is die beste manier vir jou brein om inligting te verwerk en behou.

Hou in gedagte dat jou kind nie die heeltyd kan studeer nie.  Moedig hulle aan om te rus en dalk ‘n bietjie tv te kyk.  Moet hulle ook nie laat skuldig as hulle rus kanse neem,  maak net seker dat hulle met hul studies voortgaan, sodra die rus kans verby is.

‘n Gesonde dieet doen wonders vir die siel

Dit is die reine waarheid; wat ons in ons liggaam sit, voed die siel. Moedig jou kind aan om gesond te eet om hul energie vlakke te verhoog en hul brein krag op te bou. 

Maak seker hul vermy energie drankies, suiker of swaar kosse wat hul moeg kan laat voel wanneer hulle moet studeer.

Slaap genoeg

Slaap is net so belangrik soos studeer wanneer dit kom by eksamens.  Moedig jou kind aan om vroeg te gaan slaap om ‘n behoorlike nagrus te verseker.  Nie net sal dit hul verstand help om inligting te verwerk en behou nie, dit sal ook verseker dat hul uitgerus is vir die volgende dag se studies. 

Moedig jou kind aan om deur ‘n paar notas te lees voordat hulle gaan slaap, dit is ‘n goeie manier om belangrike stukkies inligting te onthou.

Glo in jou kind

Jou opinie beteken baie vir jou kind, moet dit nooit vergeet nie.  As jy glo in jou kind en gedurig oor hul potensiaal praat, sal hulle ook in hulself glo.

Die eerste tree na sukses is om te glo jy kan! Maak seker hulle weet dat jy glo, hulle kan! 

Klik hier vir Eksamen Wenke.

Lees die Engels artikel hier.

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler:  Michelle Faddel