Datum Gepubliseer: 4 November 2020
Ja, Matriek Kollege is die ware Jakob. Dit beteken dat Matriek Kollege nie ‘n onwettige instelling is nie. By Matriek Kollege kan jy studeer vir ‘n goeie kwalifikasie wat jou op die pad na sukses kan lei.
Is Matriek kollege geakkrediteerd?
Nee, Matriek Kollege is nie geakkrediteerd nie. Dit is nie te sê dat ons onwettig is nie, die rede is bloot omdat daar geen akkreditasie proses is vir instellings wat Volwasse Matriek aanbied nie.
Tuisskool organisasies, Afstandsonderrig Kolleges en Tutor organisasies wat studente help met Volwasse Matriek, is nie geregistreer by die DHET of Umalusi vir Volwasse Matriek nie, want daar is nie ‘n geakkrediteerde proses nie.
As u egter op soek is na ‘n geakkrediteerde kursus waarvoor u kan studeer, het Matriek Kollege wel ‘n verskeidenheid geakkrediteerde kursusse waaruit jy kan kies.
Alhoewel Matriek Kollege nie geakkrediteer is nie, sal dit nie die waarde van jou kwalifikasie beïnvloed nie. Byvoorbeeld, sou jy jou volwasse matriek deur matriek Kollege studeer, word jou eksamens opgestel deur die Department of Education and Training.
Jy sal ook jou matriek eksamen skryf by sentrums goedgekeur deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET) EN jy sal jou Nasionale Sertifikaat ontvang vanaf Umalusi, wat presies dieselfde is as waar matrikulante hul sertifikate ontvang.
Klik hier vir meer inligting oor Matriek Kollege se Akkreditasie en Registrasie.
Wat as ek nie matriek het nie?
Indien jy nie matriek het nie, is dit nie die einde van die wêreld nie. Of jy nou matriek het of nie, daar is ‘n kursus vir jou by Matriek Kollege.
Hoekom moet ek Matriek Kollege kies?
Hier is ‘n paar redes hoekom Matriek Kollege die beste opsie is vir jou:
- Studeer in die gerief van jou eie huis
- Jy het ‘n verskeidenheid van kursusse om van te kies
- Aanlyn ondersteuning is ten alle tye beskikbaar vir ons studente
- Daar is ‘n verskeidenheid kursusse waarvoor jy kan studeer, sonder matriek
- Matriek Kollege het al duisende studente gehelp om hul matriek sertifikate te kry
Kursusse aangebied deur Matriek Kollege
“NATED” kursusse
Jy kan studeer vir ‘n “National Accredited Technical Diploma van NQF 4 tot NQF 6. Jy het ‘n Matriek sertifikaat nodig om te kwalifiseer vir ‘n NATED kursus. By Matriek Kollege word van die beste kursusse aangebied om jou loopbaan te begin:
- Bemarking Bestuur
- Finansiële bestuur
- Besigheid bestuur
- Onderwys
- Bestuursassistent
- Menslike hulpbronbestuur
- Regs Sekretaris
Is daar kursusse wat ek kan studeer sonder matriek?
Moenie dat die idee van geen matriek, jou keer om verder te studeer nie. Jy kan die volgende kursusse studeer sonder matriek:
Toerisme en Geleentheid kursusse
Kry blootstelling aan die wêreld van Toerisme en geleenthede en kry die nodige vaardighede om jou eie besigheid te begin OF om ‘n professionele persoon te word in die Toerisme en Geleentheid Beplanning Industrie.
ICB kursusse
ICB staan vir Institute of Certified Bookkeepers. Die ICB is akkrediteer deur die “ Quality Council for Trades and Occupations (QCTO)” Hier is ‘n ICB kursusse waarvan jy kan kies:
- Finansiële Rekeningkunde
- Besigheid Bestuur
- Kantooradministrasie
- Rekeningkunde in die Openbare Sektor
- Entrepreneurskap
Educare en Kindersorg
Educare en Kindersorg is ‘n baie bevredigende beroep. Jy kry die kans om jong verstande te ontwikkel deur jong kinders op te voed en te versorg.
Klik hier vir meer inligting oor Educare.
Skoonheid Terapie
Word ‘n skoonheid spesialis of ‘n professionele persoon deur te studeer in een van die volgende kursusse:
Lees die Engelse artikel hier.
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel