Hoe kry ek my matriek sertifikaat?

Datum Gepubliseer: 3 November 2020

Jy mag dalk jou sertifikaat verloor het OF jy het dalk nooit ‘n matriek sertifikaat gehad nie.  Wees gerus, jy het ‘n verskeidenheid van opsies tot jou beskikking.

Hoe vervang ek my matriek sertifikaat?

Verlore matriek sertifikaat?

Vir ‘n verlore matriek sertifikaat kan jy aansoek doen by Department of Basic Education of by die Provinsiale Onderwys Departement.  Aansoeker moet net ‘n  replacement application form invul.  Indien jou sertifikaat nie verlore is nie, maar wel beskadig is, moet dit ingehandig word by die DBO of POD. 

Indien jy wil aansoek doen vir ‘n vervangende matriek sertifikaat, moet jy al die nodige dokumentasie hê.

Hoe doen ek aansoek om my matriek sertifikaat te vervang?

‘n Vervangende matriek sertifikaat neem tussen 6 tot 8 weke.  Om aansoek te doen vir ‘n vervangende sertifikaat, moet jy die volgende doen:

  • Laai aanlyn die aansoekvorm af.  ‘n Vervangende sertifikaat is nie gratis nie.  Aansoeker sal ‘n fooi van R118 betaal. 
  • Aansoekers kan hul aansoek vorms pos na die DBO/PDO OF hulle kan na hulle naaste DBO/PDO gaan en al die nodige dokumentasie inhandig.
  • Aansoekers benodig ‘n beëdigde verklaring wat aandui wat met die sertifikaat gebeur het. 
  • ‘n Gesertifiseerde afskrif van jou ID sal benodig word. 
  • Jy kan aanlyn betaal en aansoek doen deur die government e-portal.

Kan ek ‘n matriek sertifikaat koop?

Nee, jy kan nie jou matriek sertifikaat koop nie.  ‘n Vals matriek sertifikaat kos ongeveer R2500, maar om een te koop is nie die moeite werd nie.

Indien jy gevang word met ‘n vals matriek sertifikaat, kan jy ‘n baie groot boete ontvang of selfs tronk toe gaan.

Hoe voltooi ek my matriek sertifikaat in Suid Afrika?

Volwasse matriek

Volwasse matriek, ook bekend as die “Amended National Senior Certificate(ANSC)”, is ‘n manier, vir mense ouer as 21 jaar, met ‘n graad 9 sertifikaat, om ‘n matriek sertifikaat te kry.

Om te kwalifiseer vir volwasse matriek, moet jy voldoen aan die volgende vereistes:  

  • Jy moet ouer as 21 jaar oud wees om die eksamen te skryf
  • Jy moet graad 9 voltooi het of ‘n kwalifikasie hê ekwivalent aan graad 9
  • Gesertifiseerde afskrif van die jou ID (Suid Afrikaanse kandidate)
  • Geldige paspoort, visum of studie permit (Buitelandse kandidate)
  • Bewys van adres 
  • ‘n Afskrif van jou vorige uitslag se hoogste kwalifikasie

Matriek opgradering

Jy kan ‘n matiek opgradering doen om jou uitslae te verbeter.  ‘n Matriek opgradering gee jou die geleentheid om te fokus op die vakke waarin jy die uitslae wil verbeter.  Dit beteken dat jy nie al jou vakke oor hoef te skryf nie. 

Lees die Engelse artikel hier

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel