Datum Gepubliseer: 2 November 2020
Ons word dikwels vertel dat jy nie ‘n belowende loopbaan sal hê, as jy nie matriek het nie. Ja, jou matriek jaar is belangrik, maar jy kan steeds suksesvol wees sonder matriek.
The Institute of Certified Bookkeeps bied kursusse aan in Sake- en Finansiële Bestuur wat jou kan help om jou loopbaan in enige besigheid te laat floreer. Om te begin, het jy nie ‘n matriek sertifikaat nodig nie.
ICB Kursusse wat jy kan studeer sonder matriek
Gelukkig glo die ICB dat enige iemand ‘n geleentheid moet kry om hul besigheid op die regte manier te begin. Hier is kursusse wat jy kan studeer sonder ‘n matriek sertifikaat.
ICB Finansiële Rekeningkunde
Soortgelyk aan finansiële rekeningkunde, is rekenmeesters van die openbare sektor verantwoordelik vir die handel en finansies van ‘n regeringsinstelling. As jy goed is met syfers en gretig is om met finansiële aspekte in die regering te werk, kan dit net die regte loopbaan wees vir jou!
Met die ICB, kan jy begin met ‘n Nasionale Sertifikaat in Openbare Sektor Rekeningkunde met jou graad 11 sertifikaat! Jy kan daarna werk deur die beskikbare kursusse totdat jy vir jou Nasionale Diploma in Finansiële Rekeningkunde kan studeer.
Jy kan suksesvol wees sonder matriek, moet nie moed verloor nie!
Klik hier om meer te leer oor die ICB Openbare Sektor Rekeningkunde kursusse.
ICB Entrepreneurskap
Entrepreneurs is die kern van alle groot sakeondernemings. As jy wil leer hoe om ‘n onderneming te begin, te bou en suksesvol te onderhou, kan dit die perfekte loopbaan pad vir jou wees. Met ‘n entrepreneurs kwalifikasie kan jy ook in verskillende loopbane vertak.
Die ICB bied ‘n Nasionale Sertifikaat aan in Klein Sake Finansiële Bestuur om jou entrepreneurskap loopbaan te begin. Al wat jy nodig het, is jou graad 11 sertifikaat.
Jy kan opbou op die kwalifikasie met verskeie ander kursusse totdat jy ‘n Bestuur Rekenmeester is.
Hier is die ICB Entrepreneurskap Kursusse.
Lees die Engelse artikel hier.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel