Wie Kwalifiseer vir Aanvullende Eksamens?

Datum Gepubliseer: 13 November 2020

Soms is die eksamen tydperk meer stresvol as wat jy verwag het en jy behaal dalk nie die resultate waarvoor jy gehoop het nie.

Lae eksamen punte is nie die einde van die wêreld nie, jy kan registreer om ‘n aanvullende eksamen te skryf.  Op die manier sal jy ook jou punte kan verbeter. 

Hier volg ‘n paar dinge wat jy moet weet om te kwalifiseer vir ‘n aanvullende eksamen:

  • Die vereistes
  • Hoe registreer ek
  • Wat as ek nie kwalifiseer nie

Die Vereistes

Indien jy dit oorweeg om ‘n aanvullende eksamen te skryf, moet jy voldoen aan die volgende vereistes: 

  • Jy hoef net twee vakke oor te skryf vir matriek: Indien jy nie meer as twee vakke gedruip het nie, en jy kan hulle oorskryf om jy matriek deur te kom, kan jy ‘n aanvullende eksamen vir elke vak skryf.
  • Jy was medies ongeskik: Indien jy siek was en jy kan dit bewys met ‘n mediese sertifikaat, mag jy ‘n aanvullende eksamens skryf vir die vakke wat jy nie kon skryf nie.
  • Dood in jou onmiddellike familie:  Indien daar dood in jou onmiddellike familie was tydens die eksamen tydperk, kan jy ‘n aanvullende eksamen skryf vir die vakke wat jy nie kon skryf nie.  Jy sal wel ‘n bewys aan die skool moet gee in die vorm van ‘n begrafnis brief. 
  • Jy benodig net een vereiste om te kwalifiseer vir ‘n Hoër Sertifikaat toelating:  Indien jy kwalifiseer vir toelating vir ‘n kwalifikasie of kursus, maar jou punte was te laag om aansoek te doen, kan jy ‘n aanvullende eksamen skryf. 
  • Jy kon nie jou Nasionale Senior Sertifikaat voltooi nie, as gevolg van besering of siekte: Indien jy tydens die eksamen tydperk siek was of ‘n besering opgedoen het, kan jy aansoek doen om ‘n aanvullende eksamen te skryf. Die skoolhoof sal ‘n brief moet skryf aan die hoof van die Assesserings liggaam.

Hoe Registreer ek?

As jy kwalifiseer vir ‘n aanvullende eksamen, hier is wat jy moet doen om te registreer:   

  • Jy moet die Departement van Basiese Onderwys, kontak, deur jou skool.
  • Sodra jy jou uitslae ontvang het, moet jy onmiddellik aansoek om te verseker dat jy betyds aansoek doen voor die herskryf datum.
  • Hou in gedagte dat die Februarie/Maart aanvullings eksamen datums verskuif is na Mei/Junie.

Wat as ek nie Kwalifiseer nie?

Indien jy nie kwalifiseer vir ‘n aanvullende eksamen nie, is hier ‘n paar opsies vir jou: 

  • Herregistreer vir jou Nasionale Senior Sertifikaat by jou skool of herhaal jou matriek jaar:  Dit is nie die beste opsie nie, want niemand wil hul skooljaar herhaal nie, maar dit is ‘n manier om jou matriek sertifikaat te kry. 
  • Oorweeg Beroep op Opleiding Kolleges: Probeer aansoek doen by ‘n Beroep of Opleiding Kollege waar jy kan studeer sonder matriek.  
  • Oorweeg kursusse wat jy kan studeer sonder matriekBaie kolleges bied jou die geleentheid aan om verder te studeer sonder ‘n matriek sertifikaat.
  • Doen ‘n Matriek Opgradering by Matriek Kollege:  Matriek Kollege bied jou ‘n geleentheid om jou matriek oor te doen.  Jy hoef net die vakke waarvan jy die punte wil verbeter, oor te doen. Om die beste resultate moontlik te kry.  Hierdie resultate word dan by jou sertifikaat gevoeg saam met jou ander vakke.

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler:  Michelle Faddel