Wanneer om vir ‘n werk te verhuis

Datum Gepubliseer: 16 November 2020

Soms in jou loopbaan, mag jou beroep dalk met geleenthede kom wat sal versoek dal jy moontlik moet verhuis.  Om te verhuis is nie ‘n maklik taak nie, so jy moet seker wees dat dit in jou beste belang sal wees voordat jy die besluit neem om te verhuis.

 Hier is ‘n paar dinge om te oorweeg voordat jy besluit om te verhuis vir ‘n werk. 

  • Die finansiële toestand van die maatskappy
  • Lewenskoste
  • Die weer
  • Besluit of jy van die nuwe omgewing hou na ‘n besoek

Neem die Finansiële toestand van die maatskappy in ag

Voordat jy verhuis na ‘n nuwe stad/dorp, moet jy die sekerheid hê dat die maatskappy stabiel genoeg is om jou aan te hou.  Indien dit ‘n nuwe besigheid is, is die kanse goed dat hulle nog nie Finansieel sterk genoeg is nie, en dalk hul deure kan sluit binne ‘n paar maande of jare.

Dan sit jy op ‘n vreemde stad/dorp sonder familie, vriende of ‘n werk. 

As die maatskappy ‘n goeie reputasie het, en was oor die jare goed onderhou, sal dit ‘n veilige opsie wees om die aanbod te aanvaar.  Dit is wanneer jy verseker kan wees dat dit ‘n goeie idee is om te verhuis.

Die maatskappy sal nie sommer hul deur sluit nie, wat beteken dat jy in die langtermyn ‘n stabiele werk sal hê.

Doen navorsing oor lewenskostes

Een van die grootste struikelblokke van verhuising, is om aan te pas by die nuwe lewenskostes.  Soms as jy na ‘n groter stad of meer stedelike ruimte verhuis mag die kostes baie hoër wees. 

Doen navorsing voordat jy besluit om te verhuis vir ‘n werk.  Kyk na die pryse van verhurings, inkopies en selfs die restaurant pryse.  Jy kan dalk baie hoër lewenskoste betaal deur die nuwe werk te kies.

Hoe is die weer?

Nie baie mense neem dit in ag nie, maar die weer het ‘n baie duidelike uitwerking op ons gemoed en algehele geluk.

Indien jy moet verhuis van ‘n stad waar die son altyd skyn, na ‘n plek waar die aanhoudend reën, mag jy dit baie moeilik vind om aan te pas.  Seisoenale Depressie bestaan werklik, en moet nooit onderskat word nie. 

Sou jy verhuis na ‘n stad met baie kouer klimaat moet jou ook daarop voorbereid wees om te belê in toerusting om sneeu, ys en koue te hanteer.

Besoek die stad/dorp voor die tyd

Maak seker dat jy die dorp/stad besoek voordat jy daarheen verhuis.  Op die manier sal jy weet of hoe dit daar is en of jy dit sal geniet om daar te woon.  Soms is dit die enigste manier om behoorlik navorsing oor die plek te doen. 

Jy mag dalk besef dat jou nuwe werk in ‘n onveilige area is of jy mag dalk nie hou van die nuwe dorp/stad nie.  Of jy mag dalk baie van die nuwe omgewing hou en kan sien hoe jy daar ‘n lewe kan maak.

In Afsluiting

Indien jy jouself kan sien by die finansiële stabiele maatskappy, jy kan die lewenskostes bekostig, jy kan die weer hanteer en het die besoek aan die nuwe dorp/stad geniet, mag verhuising vir ‘n nuwe werk die perfekte keuse vir jou wees. 

As jy positief op al die vrae kon antwoord, mag dit beteken dat jy reg is vir die avontuur.  Indien jy dit nie geniet nie, kan jy altyd terug trek huis toe.

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler:  Michelle Faddel