‘n Rekenmeester CV wat nie vergeet sal word nie

Datum Gepubliseer: 18 November 2020

As ’n rekenmeester, moet jy alles in jou vermoë doen om uit te staan by enige toekomstige werkgewer.  ‘n CV skep die eerste indruk wat enige maatskappy van jou sal kry, daarom moet jy seker maak dat jy dit korrek opstel.  ‘n Goeie CV is jou eerste tree om ‘n werk te kry.

Hier is alles wat jy moet weet hoe om ‘n perfekte Rekenmeester CV op te stel wat ‘n blywende indruk sal skep.

 Dit moet die volgende elemente bevat:

  • Persoonlike Informasie 
  • Persoonlike Verklaring 
  • Sleutel vaardighede 
  • Kwalifikasies en Opvoedkundige geskiedenis 
  • Beroep Geskiedenis 
  • Persoonlike Belangstelling en Stokperdjies
  • Verwysings

Persoonlike Informasie

Wanneer daar na jou CV gekyk word, wil die werkgewer jou persoonlike inligting eerste sien.  Hulle wil weet wie jy is en waar jy vandaan kom om jou identiteit te formuleer. 

Sluit die volgende in by jou persoonlike informasie: 

  • Jou naam en van
  • Epos adres
  • Telefoon nommer/Selfoon nommer
  • Fisiese adres

  Geslag, ras, huwelikstatus, ens. word nie op jou CV vereis nie. 
Dit kan egter vereis word op aansoekvorms of in enige aanlyn register wat nodig is om u CV na ‘n onderneming te stuur.

Rekenmeester Persoonlike Verklaring

‘n Persoonlike Verklaring  trek jy die werkgewer se aandag.  Dink aan jouself as ‘n boek en jou verklaring as die beskrywing.  Dit moet in so ‘n manier geskryf word dat die werkgewer jou CV wil lees.  

Probeer die opsomming hou twee sinne en bly onder 100 woorde.  Daar kan baie gesê word van ‘n kandidaat wat hulself  kan beskryf in minder as 100 woorde.

Sleutel Vaardighede

Hier moet jy jou belangrikste vaardighede uitlig wat verband hou met die spesifieke werk waarvoor jy aansoek doen.

Sorg dat jy jou sleutel vaardighede so skryf, dat dit uitstaan.  Die geheim om die werk te kry, is om jou te onderskei van die kompetisie.

Kwalifikasies en Opvoedkundige Geskiedenis

Alle werkgewers wil weet dat jy ‘n opleiding het en waar jy gekwalifiseer het.  As ‘n Rekenmeester, is professionele kwalifikasies baie belangrik, sonder dit en ‘n behoorlike beskrywing, sal jy nie die werk kry nie. 

Maak seker jy sluit jou graad/kwalifikasie naam, die instelling waar jy studeer het die jaar wanneer jou jou graad ontvang het.

Beroep Geskiedenis

Werkgewers wil weet of en waar jy voorheen gewerk het.  Baie kere, verkies hulle om kandidate aan te stel wat alreeds ondervinding het teenoor die wat nie het nie.

Jy hoef nie meer as 3 rolle by te voeg nie, maar dit is in jou beste belang om rolle by te voeg wat relevant is tot die pos waarvoor jy aansoek doen. 

Wees seker om al jou verantwoordelikhede en vaardighede van jou gewese rolle te noem wat relevant is vir die pos waarvoor jy aansoek doen.  Maatskappy huiwer soms om kandidate aan te stel wat hulle self moet oplei.

Persoonlike belangstellings en Stokperdjies

Dit is nie ‘n baie belangrik deel van jou CV nie.  Hierdie deel is net om vir die maatskappy bietjie meer van jouself  te leer en wat jou belangstellings is.

Dit is ook hier waar jy belangrike vaardighede kan uitlig, wat jy nie voorheen genoem het nie.  Byvoorbeeld, jy kan hier noem dat jy die kaptein was van jou universiteits sportspan.  Dit kan ook bewys dat jy goeie leierseienskappe het.

Verwysings

Sommige werkgewers kan self meer as 4 verwysings versoek, voordat hulle jou sal oorweeg as ‘n kandidaat.  Maak seker jy voeg net vorige werkgewers, opvoedkundiges en professionele mense op jou verwysings lys.  Moet nie enige familie of vriende byvoeg nie. 

Wees seker om die verwysing se beroep titel en kontak besonderhede by te voeg so dat die werkgewer hulle kan kontak vir ‘n telefoniese verwysing.

Voorbeelde

Kyk na die volgende CV Voorbeelde om ‘n beter idee te kry hoe dit moet lyk. 

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler:  Michelle Faddel