Datum Gepubliseer: 15 Oktober 2020
Nee, afstandonderrig is glad nie moeiliker as kontak onderrig nie.
Daar is geen twyfel in die feit dat die korona virus vele industrieë geforseer het om om digitaal te gaan nie. Onderrig is een van die industrieë wat ergste geraak is. COVID-19 het egter aan ons gewys dat ons op een of ander manier moet aanpas by die digitale wêreld.
Kan afstandonderrig so doeltreffend wees soos skool onderrig?
Ja, afstandonderrig is net so effektief soos skool onderrig.
Die wêreld is besig om vinnig na die digitale platvorm te beweeg. Dit is belangrik om onsself vaardig te kry om te oorleef in die nuwe digitale wêreld. Afstandonderrig kan baie effektief wees, veral as ons in ag neem watter rol afstandonderrig tydens die COVID-19 pandemie gespeel het.
Mense is voortdurend op soek na maniere om hul lewens makliker te maak, en om ‘n klas van die huis af by te woon in plaas van om fisies skool toe te gaan, maak dit die lewe beslis makliker.
Van aangesig tot aangesig onderrig vs. afstandonderrig
Die voor- en nadele van afstandonderrig
Voordele
- Buigsaamheid
- Die beste deel van afstandonderrig is dat jy van enige plek af kan studeer. Jy hoef nie in ‘n fisiese klas te sit om inligting te bekom nie.
Geloofwaardigheid - Baie werkgewers erken afstandonderrig. Hulle besef ook dat die werknemers tegnologies vaardig is.
Aanlyn Ondersteuning - Deur afstandonderrig het die studente meer toegang na hulle klasse en lektore. Hulle kan dit doen deur gebruik te maak van eposse en Video konferensies.
Nuwe tegnologiese vaardighede - Afstandonderrig gee mense die geleentheid om nuwe tegnologiese vaardighede aan te leer.
Nadele
- Werkgewers wat nog nie aangepas het nie
- Baie werknemers het al aangepas, maar daar is nog talle wat dit moeilik vind om iemand aan te stel wat ‘n kwalifikasie verwerf het deur afstandonderrig.
Sosiale Ervaring - Baie studente is bekommerd oor die idee dat hulle nie dieselfde sosiale ervaring sal kry deur afstandonderrig nie.
Buigsaamheid Beperking - Sommige afstandonderrig instellings offer jou nie genoeg buigsaamheid nie, deur hulle versoeke om aan te teken vir klas of besprekings soos wat dit gebeur.
Tegniese Probleme - Studente mag tegniese probleme ervaar soos byvoorbeeld betroubare verbinding of die gebrek aan tegniese vaardighede.
Wat is die verskil tussen aanlyn- en afstandonderrig?
Daar is baie ooreenkomste tussen aanlyn- en afstandonderrig. Die verskil lê egter in die volgende 3 elemente: Ligging, interaksie en doel.
Ligging
Met aanlyn onderrig is die studente op een plek met die lektor, en werk dan aanlyn aan hul werkopdragte. Met afstandonderrig werk die studente steeds aanlyn, maar hulle werk word digitaal na hulle gestuur deur die lektor.
Interaksie
Aanlyn onderrig sluit gewoonlik persoonlike interaksie in tussen die dosent en student. Aanlyn onderrig word gebruik as ‘n gemengde leer tegniek.
Met afstandonderrig het die studente geen direkte kontak met die lektor nie, slegs aanlyn.
Doel
Die laaste verskil tussen aanlyn- en afstandonderrig is die doel van die onderrig strategie. Aanlyn onderrig is bedoel om gebruik te word as ‘n gemengde leer tegniek. Dit beteken dat saam met ander onderrig metodes gebruik moet word.
Afstandonderrig is ‘n leer metode wat ten volle aanlyn toegepas word.
Lees die Engelse artiekel hier.
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel