99% van die studente wat met skool begin, sal nie ‘n graad behaal nie

Date Published: October 14, 2020

Die Suid-Afrikaanse skoolstelsel is onder baie druk. Net helfte van die kinders wat skool begin, eindig in ‘n matriek klas. Die res val uit die skoolstelsel uit. En meeste van hulle val uit in Graad 10, 11 en 12.

Van die studente wat hul matriek slaag, sal slegs net ‘n paar verder studeer.  Met slegs 1% wat uiteindelik hul graad behaal.

Skool uitval persentasies

Die onderrig stelsel in Suid Afrika sukkel verskriklik.  ‘n Studie van syfervaardigheid en geletterdheid persentasies het getoon dat ons onderwysstelsel teen graad 9, al baie studente in die steek gelaat het.  

Die gemiddelde graad 9 leerder het ‘n syfervaardigheid persentasie van 48% en ‘n geletterdheid persentasie van 11%. Lees meer oor hierdie lae persentasies hier.

Met hierdie syfers en die probleme waarmee die leerders gekonfronteer word, is dit geen wonder dat die skool uitval syfer in Suid Afrika so hoog is nie.

Universiteit uitval persentasie

Van al die studente wat begin het met universiteit, sal sowat 40% uitval binne hul eerste jaar. 

Slegs 15% wat voortgaan met hul studies, sal hul graad behaal in die voorgestelde tyd.  

Die universiteit uitval persentasie word deur ‘n ander raaisel veroorsaak.  70% van die studente wat uitval, kom van ‘n lae inkomste groep familie.  Dit beteken dat die meeste uitval studente, eenvoudig net nie kan bekostig om hul opleiding te voltooi nie. Dus die rede vir die “fees must fall” beweging.

Dit is nog ‘n herinnering dat ‘n eenvoudige universiteits toelating nie beteken dat jy jou graad sal behaal nie.

Die alternatiewe vir ‘n universiteits graad

Daar is heelwat ander opsies wat jy oorweeg vir verdere opleiding.  TVET kolleges is ‘n baie goeie alternatief vir hoofstroom universiteite en bied kursusse aan, wat jy kan studeer met slegs ‘n graad 9 sertifikaat. 

Suid Afrika is goed toegerus met ‘n uitstekende privaat sektor in onderrig.  Hierdie privaat kolleges sluit die volgende in:  

Verbeter jou opleiding

Onderrig verhoog jou kanse vir indiensneming.  Dit sluit natuurlik ook jou verdienste potensiaal in.  Individue met ‘n matriek sertifikaat kan dubbel meer verdien as diegene sonder ‘n matriek sertifikaat. 

Deur jou opleiding te staak by graad 10, gee jou net ‘n 52% kans vir indiensneming.  Met ‘n matriek sertifikaat, verhoog dit jou kanse tot 67%.  Voeg een jaar se studies by na matriek en dit sal jou ‘n 86% kans gee vir indiensneming. 

Onderrig is belangrik!  Jy moet jou uiterse bes probeer om skool klaar te maak of jou opleiding te bevorder. 

Enige opvoedkundige verbetering is goed

‘n Graad is nie jou enigste manier vir indiensneming nie.  Met 99% van studente wat nie ‘n graad behaal nie, is dit nie volhoubaar nie. 

Ander maniere moet ook aangemoedig word.  Dit sluit in om jou matriek sertifikaat te kry of om jaar lange kursusse na skool te studeer.  Jy kan selfs verder gaan in ‘n ambag na graad 10. 

Daar is heelwat ander maniere of opsies om indiensneming te verseker wat nie universiteits grade is nie.

Hierdie artikel was oorspronklik geskryf op die 29ste Oktober 2016.  Die oorspronklike artikel kan hier gevind word.

Lees die engelse artiekel hier.

Outeur: Jan Badenhorst, Hoof Uitvoerende Beampte, Matric College
Vertaler:  Michelle Faddel