Datum Gepubliseer: 13 Oktober 2020
Jou toelating tot Universiteit hang alles af van jou matriek punte. Elke Universiteit maak gebruik van ‘n punte sisteem, bekend as APS (Admission Point Score), om te bepaal of jy kwalifiseer of nie.
Dit kan nogal verwarrend wees.
Hier is die uiteensetting.
Jou APS telling
Jou toelating punte telling is die resultaat van elke matriek punt wat omgeskakel word na ‘n punt uit 10. Hierdie punte word dan bymekaar getel om jou ‘n totale punt te gee. Die totaal is dan bekend as die APS telling.
Universiteite gebruik APS tellings om die minimale toelatings vereistes te toon wat nodig is om aansoek te doen vir elke kursus. Wanneer jy aansoek doen vir ‘n kursus, sal die minimum APS telling aangedui word in die kursus vereistes.
Kyk na die volgende voorbeeld: By WITS universiteit benodig jy ‘n APS telling van minimum 34 om aansoek te doen vir Dramatiese Kunste. Met ‘n APS telling van 30-33, sal jy op die waglys geplaas word. Dit beteken dat almal met ‘n hoër APS telling voor jou aanvaar sal word. Indien daar nog ‘n opening is, na al die ander kandidate, sal hulle jou aansoek oorweeg.
Vind die APS berekening hier
. Matric College het die APS berekening vrygestel.
Slaag vakke
Daar is 4 verskillende slaag vlakke soos aangedui deur die Departement van Basiese Onderwys. Hier is die 4 verskillende slaag vlakke en hul vereistes.
Baccalaureus Slaag
‘n Baccalaureus Slaag is ‘n voorlopige toelatings vereistes vir ‘n universiteit. Jy het die volgende nodig om te kwalifiseer vir ‘n BD slaag.
- ‘n APS telling van 4 in ten minste hoë krediet vakke
- ‘n APS telling van 3 in jou huistaal
- ‘n APS telling van 2 in enige ander vak
- Dit gee jou ’n totale APS telling van 23
Dit is die minimum vereiste om aansoek te doen vir universiteitskursusse.
Diploma Slaag
‘n Diploma slaag is ‘n voorlopige toelating vir ‘n diploma kursus of ‘n universiteit van tegnologie. Jy het die volgende nodig om te kwalifiseer vir ‘n D slaag.
- ‘n APS telling van ten minste 3 in jou huistaal
- ‘n APS telling van ten minste 3 in 4 hoë krediet vakke
- ‘n APS telling van 2 in enige ander 2 vakke
Dit gee jou ‘n totale APS telling van 19
Hoër Sertifikaat Slaag
‘n Hoër Sertifikaat slaag is ‘n voorlopige toelating vir ‘n kollege of sertifikaat kursus. Jy het die volgende nodig om vir ‘n HS te kwalifiseer.
- ‘n APS telling van ten minste 3 in jou huistaal
- ‘n APS telling van ten minste 3 in 2 ander vakke
- ‘n APS telling van 2 in 3 ander vakke
Dit gee jou ‘n totale APS telling van 15
Nasionale Senior Sertifikaat Slaag
‘n Nasionale Senior Sertifikaat slaag sal jou nie in staat stel om by ‘n universiteit te studeer nie. In hierdie geval kan jy aansoek doen by ‘n Tegniese Instelling of kolleges wat nie ‘n matriek sertifikaat versoek nie. Soos Matric College. Jy het die volgende nodig om te kwalifiseer vir ‘n Nasionale Senior Sertifikaat.
- ‘n APS telling van ten minste 3 in jou huistaal
- ‘n APS telling van ten minste 3 in 2 ander vakke
- ‘n APS telling van 2 in 4 ander vakke
Dit gee jou in totale APS telling van 14
Ter afsluiting
Onthou dat indien jy universiteit toe wil gaan, moet jy ‘n Baccalaureus Slaag kry aan die einde van matriek. ‘n Universiteit Vrystelling kan net voordelig wees vir ‘n goeie loopbaan en goeie verdienste potensiaal.
Streef daarna om ‘n baccalaureusgraad te slaag!
Lees die engelse artiekel hier
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel