Matriek geslaag. Wat nou?

Datum Gepubliseer: 13 Oktober 2020

Jy het matriek gelaag, baie geluk!  Nou dat jy klaar is met hoërskool, moet jy begin besluite maak oor jou toekoms.  Jy mag dalk vir jouself vra, wat nou? 

Suid Afrikaanse matriek studente kan 3 verskillende slaag sertifikate kry

Wat jy ook al besluit om na skool te wil doen, sal afhang van jou matriek uitslae.  Suid Afrikaanse studente kan 3 verskillende slaag sertifikate kry, sodra hulle matriek geslaag het.

Baccalaureus Slaag

Leerders met ‘n Baccalaureus slaag kan aansoek doen om te studeer by universiteite, kolleges of enige ander instelling van hoër onderrig.  Dit is van uiterse belang om te weet dat ‘n baccalaureus slaag jou nie aanvaarding by ’n universiteit kan verseker nie.  ‘n Universiteit aanvaar net as hulle genoeg plek het en as jy aan al die vereistes voldoen.  Om ‘n baccalaureus slaag te kry, moet jy:  

  • Ten minste 40% behaal in jou huistaal 
  • Ten minste 50% behaal in 4 ander vakke 
  • Ten minste 30% behaal in 2 ander vakke

Diploma Slaag

Leerders met ‘n diploma slaag kan aansoek doen om te studeer by ‘n kollege of ‘n universiteit wat diploma kursusse aanbied.  Om ‘n diploma slaag te kry, moet jy:

  • Ten minste 40% behaal in jou huistaal 
  • Ten minste 40% behaal in 3 ander vakke 
  • Ten minste 30% behaal in 2 ander vakke

Hoër Sertifikaat Slaag

Leerder wat met ‘n hoër sertifikaat slaag, kan net studeer waar hoër sertifikaat kursusse aangebied word of jy kan kursusse studeer waar jy nie matriek nodig het nie. Sommige universiteite bied oorbrugging kursusse aan wat dit moontlik te maak om dan te studeer vir ‘n graad of diploma.  Om ‘n hoër sertifikaat slaag te kry, moet jy:  

  • Ten minste 40% behaal in jou huistaal 
  • Ten minste 40% behaal in 2 ander vakke 
  • Ten minste 30% behaal in 3 ander vakke

Matriek geslaag met ‘n Diploma Slaag? Hier is wat jy volgende moet doen

Diploma loopbane en waar jy kan studeer

Hier is die plekke waar jy kan studeer met ‘n Diploma slaag:

  • Universiteite wat diploma kursusse aanbied 
  • Universiteite van Tegnologie – ook bekend as Tegnikons
  • TVET kolleges – Voorheen bekend as FET kolleges 
  • Afstand Onderrig kolleges soos  Matric college of Skills Academy

Jy kan die volgende kursusse studeer met ‘n diploma slaag:

“National Accredited Technical Education Diploma (NATED)” kursusse

Wat om te studeer met ‘n sertifikaat slaag?

Jy het ‘n hele paar opsies om van te kies.  Jy kan soek na instellings wat sertifikaat kursusse aanbied, jy kan ook ‘n oorbrugging kursus volg of jy kan die volgende kursusse studeer.  Vir die kursusse het jy nie ‘n matriek sertifikaat nodig nie:

Kursusse wat jy sonder matriek kan studeer:

ICB kursusse

Opvoedkundige en kindersorg

Skoonheidsterapie

Hoe kan ek matriek slaag?

Hoeveel vakke moet ek slaag vir matriek?

Om matriek te slaag moet jy 6 van die 7 vakke slaag.

Kan jy matriek slaag as jy nie jou wiskunde geslaag het nie?

Ja, jy kan matriek slaag, as jy nie jou wiskunde geslaag het nie, mits jy die minimum vereistes behaal om matriek te slaag.

Kan ek aansoek doen by ‘n universiteit met ‘n hoër sertifikaat?

Nee, universiteite bied nie hoër sertifikaat kursusse aan nie.  Jy kan hier ook ‘n oorbrugging kursus doen, as jy kwalifiseer. 

Verstaan jou matriek uitslae

Hoe word matriek resultate uitgewerk?

Wanneer jy aansoek doen by ‘n universiteit, sal jy bekend gestel word aan die term “APS” telling.  “APS” staan vir “Admission Point Score”.  Jy het jou finale matriek uitslae nodig om jou “APS” telling te bereken.

Die universiteit sal jou finale uitslae wil hê sodra dit beskikbaar is.    Om jou telling uit te werk, word jou vakke verander in ‘n punte stelsel,  die punte word dan bymekaar getel vir jou “APS” telling.

Die hoeveelheid punte wat jy vir elke vak ontvang sal afhang hoe goed jy sal presteer.  Sien tabel hieronder:

“APS” berekening voorbeeld

Die totale “APS” telling is 39

Watse “APS” telling het ek nodig vir universiteit?

Jou “APS” telling kan jou kanse om toelating te kry, of maak of breek.  Elke universiteit het hul eie “APS” telling vereistes.

Universiteit kursusse het ook verskillende “APS” telling vereistes.  Sommige universiteite sluit Lewensoriëntering uit die berekening, want Lewensoriëntering is nie spesifiek vir enige kursus nie.

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel