Datum Gepubliseer: 26 November 2020
Omdat die COVID-19 pandemie die meeste instelling aanlyn laat beweeg het, raak afstandonderrig vinnig ‘n werklikheid. Daar is verskeie redes waarom jy afstandsonderrig kan kies, wat nie die pandemie insluit nie.
Indien jy daaraan dink om deur ‘n afstandsonderrig kollege of universiteit te studeer, is hier ‘n paar redes hoekom dit ‘n goeie idee mag wees.
- Spaar geld
- Studeer van die huis af
- Werk teen jou eie pas
- Studeer terwyl jy werk
Jy sal geld spaar
Dit is heelwaarskynlik die belangrikste gedeelte van potensiële afstandsonderrig leerders. Aangesien jy nie elke dag klasse moet bywoon nie, sal dit jou minder kos. As gevolg van dit is die koste van afstandonderrig baie goedkoper.
Nog ‘n plek waar jy ook geld sal spaar is op vervoerkostes. As jy nie elke dag klas moet bywoon nie, hoef jy nie geld op vervoer te spandeer nie.
Studeer van die huis af
Jy kan jy in die gerief van jou eie huis studeer. Dit beteken dat jy jou eie studie stasie by die huis kan inrig en studeer op ‘n manier wat jou die beste pas.
Werk teen jou eie pas
Met sommige afstandsonderrig kolleges kan jy ook teen jou eie pas werk. Net solank jy die take voltooi teen die spesifieke datum, kan jy werk soos dit jou pas.
Indien jy ‘n veeleisende lewenstyl het wat jou verhoed om elke dag klasse by te woon, dan is afstandsonderrig perfek vir jou. In plaas daarvan om jou lewe rondom jou studies te beplan, kan jy nou jou studies inpas by jou besige lewensstyl.
Jy kan studeer terwyl jy werk
‘n Groot voordeel van afstandsonderrig is dat jy ‘n werk kan hê terwyl jy studeer. Dit is ook ‘n manier om aan jou werkgewer te wys dat meer werk kan aanpak en steeds al jou verantwoordelikhede nakom.
Terwyl jy studeer en nuwe vaardighede aanleer, mag jy self in aanmerking kom vir ‘n promosie by die werk. As jou werkgewer weet dat jy jou vaardighede toepas op jou werk, mag hulle dit oorweeg om jou te bevorder as om iemand ander in diens te neem.
Afstandsonderrig Kolleges
Daar is verskeie afstandsonderrig kolleges in Suid Afrika waar jy kan studeer.
Hier is ‘n paar hoogs betroubare kolleges:
- Matric College
- Matriek Kollege
- Skills Academy
- Ember Academy
- The Decor School
- Belview Institute of Distance Learning
- The Learning Group
Afstandsonderrig Universiteite
Indien jy daaraan dink om by ‘n afstandsonderrig universiteit te studeer, klik hier om al die afstandsonderrig universiteite in Suid Afrika te sien.
Lees hier vir meer inligting oor Universiteits-toelating punte.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel