Kan ek vakke in matriek verander?

Datum Gepubliseer: 27 November 2020

Ja, jy kan! 

Daar is wel kondisies.  Jy mag slegs een vak verander in graad 12, en ook net as die skool saam stem dat dit in jou beste belang is.

Kan ek my hoërskool vakke verander?

Hoeveel vakke kan ek verander?

In graad 10 en 11, kan leerders twee vakke verander.  Veranderings mag nie na die 31ste Julie gemaak word nie.  

Graad 12 leerders mag slegs versoek om een vak te verander.  Die skool kan slegs die besluit neem, nadat hulle met die Departement van Basiese Onderwys gekonsulteer het. 

Die laaste datum vir ‘n graad 12 leerder om vak veranderings te maak is die 30ste Januarie.

Wat moet ek doen om my vakke te verander?

Hier is wat jy moet doen om goedkeuring te kry om vakke te verander:

  • ‘n Motiverings brief van jou ouers of voogde
  • ‘n Brief van jou skoolhoof wat die versoek goedkeur of redes verskaf hoekom hul nie die vak verandering goedkeur nie
  • ‘n Brief van die vakonderwyser waarin verduidelik word watter program die leerder sal volg om alle agterstallige werk van die nuwe vak in te haal, soos per die kurrikulum

Drie dinge om te oorweeg voordat jy besluit om ‘n vak verandering in matriek te maak:

  1. Dink aan die loopbaan wat jy wil volg.  Maak seker die vakkeuses is in lyn met die loopbaan wat jy wil volg.
  2. Hoe langer jy dit los, hoe moeiliker sal dit wees om alle werk in te haal.  Indien jy dit oorweeg om ‘n vak verandering te maak, moenie uitstel nie.
  3. Wanneer jy iets studeer wat jy geniet, sal jy beter daarin presteer.  Om te doen waarvoor jy lief is, sal jou motiveer om jou alles daarin te sit om te verseker dat jy goeie resultate kry.

Klik hier vir advies hoe om die regte vakke te kies

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel