Datum Gepubliseer: 30 November 2020
Indien jou kind onlangs by ‘n Afstandsonderrig Instelling begin het, kan dit soms vreesaanjaend wees. Hulle hoef nie klasse by te woon nie, en kan dus kan soms veroorsaak dat hulle dinge uitstel.
Gelukkig het jy niks om oor bekommerd te wees, as jy die volgende stappe volg nie.
Hier is ‘n paar wenke om jou kind te help floreer met Afstandsonderrig:
- Kry ‘n Skedule
- Help hulle met sperdatums
- Toon belangstelling
- Kry doelwitte
Kry ‘n Skedule
Skedules is die beste manier om jou kind op die regte spoor te hou met hul werk. Met Afstandsonderrig moet jy in tred bly, om te slaag. Gewoonlik voorsien Afstandsonderrig Instellings hul leerders met ‘n kalender wat duidelik aandui wanneer hulle elke afdeling moet doen.
Help jou kind om die perfekte studie rooster op te stel, wat hulle op hoogte sal hou van hul werk. Dit sal hulle vertroue gee dat hulle die regte werk geleer het, wanneer dit by eksamens of take kom.
Wees seker om hulle stokperdjies en buitemuurse aktiwiteite op die skedule in te werk, asook genoeg ruskanse. Dit gee hulle gewoonlik motivering om hul werk af te handel.
Klik hier om ‘n studie rooster af te laai.
Help hulle met Sperdatums
Sperdatums is ‘n baie groot deel van enige tersiêre onderrig. Met afstandsonderrig, het jy nie ‘n lektor wat jou gedurig sal herinner aan sperdatums nie, jy moet dit self onthou.
Hou ‘n kalender in die huis wat jou en jou kind se sperdatums bevat om te verseker dat julle weet wanneer die sperdatums aanbreek. Op hierdie manier kan jy hulle aanmoedig om ‘n bietjie vroeër te begin of self hulp aanbied.
As jy hulle ook herinner aan sperdatums is die kanse skraal dat hulle sal vergeet.
Toon Belangstelling
Deur belangstelling te toon in jou kind se werk, sal hulle aanmoedig om jou meer betrokke te maak oor wat hulle geleer het.
‘n Ou studie wenk is om jou werk aan iemand anders te verduidelik, op die manier sal jy agterkom watter gedeeltes jy verstaan en watter gedeeltes jy meer aan moet werk.
Deur aan jou kind te wys dat jy werklik belangstel in hul werk, sal hulle aanmoedig om meer daarvan te leer om dit so goed as moontlik aan jou te verduidelik.
Kry Doelwitte
Doelwitte is ‘n goeie manier om jou kind te motiveer om hul werk te doen. Stel doelwitte met jou kind en sit dit op ‘n plek waar hulle dit elke dag kan sien. Dit kan loopbaandoelwitte wees, merk doelwitte of self iets wees waarna hulle uitsien, soos ‘n partytjie of ‘n oorslaap.
Daag jy kind op ‘n vriendelike manier uit om hul doelwitte te bereik. Moet nie te veel druk op hulle plaas nie. Daaglikse bevestigings is ook altyd ‘n goeie idee.
As jy gereeld vir jou kind vertel dat hulle slim genoeg en in staat is om hierdie eksamen te slaag, sal hulle dit begin glo. Hierdie positiewe bevestigings beteken baie vir jou kind.
Leer hier vir meer inligting oor Afstandsonderrig.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel