Datum Gepubliseer: 1 Desember 2020
Die korona virus is steeds besig om te versprei, maar ons moet voortgaan met ons lewens. Met die gerugte oor ‘n moontlik tweede golf, is dit in jou eie belang om jouself veilig te hou.
Veiligheids wenke vir terugkeer skool toe, tydens Covid
Hier is ‘n paar veiligheidsregulasies en wenke om jou veilig te hou teen Covid-19:
- Behou sosiale afstand: Sosiale Afstand is die manier om genoeg spasie tussen jou en die volgende persoon oop te laat. Die World Health Organisation (WHO) stel voor dat daar ten minste 2 meter spasie tussen jouself en ander mense, buiten jou huisgesin moet wees.
- Dra ‘n masker: Die dra van ‘n materiaal masker is ‘n Covid-19 veiligheids regulasie. Die dra van ‘n masker speel ‘n groot rol in die voorkoming van die Covid-19 verspreiding.
- Was gereeld jou hande.
- Moenie aan jou gesig vat nie.
- Moenie jou vriende omhels of aanraak nie.
Daar is geen bewyse dat skole ‘n groter kans het om die virus te versprei nie
Covid-19 het baie vrees en angs onder studente veroorsaak. Alhoewel dit belangrik is om jouself veilig te hou, moet jy ook onthou om kalm te bly. Skole is nie noodwendig ‘n brandpunt vir die korona virus pandemie nie.
Debbie Schäfer, die Wes-Kaapse minister van onderwys voer aan dat die effek van die Covid-19 in skole oordryf word. Sy het ook genoem dat ‘n positiewe leerder of onderwyser saak nie beteken dat hulle die virus by die skool gekry het nie.
Het jy eksamen wenke nodig?
Klik hier vir wenke hoe om vir die eksamen voor te berei.
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel