Datum Gepubliseer: 2 Desember 2020
Wanneer jy voorberei vir eksamen is dit belangrik om dit op die regte manier te doen, om goeie resultate te verseker.
Sommige dae kan dit moeilik wees om te studeer as gevolg van sekere gewoontes en afleidings.
5 Dinge om te vermy terwyl jy studeer:
- Te veel kafeïne
- Min slaap
- Gebruik van te veel elektroniese toestelle
- Swaar maaltye
- Afleiding
Te veel kafeïne
Om koffie te drink is ‘n baie goeie manier om vinnig energie te kry, maar te veel daarvan is baie ongesond vir jou liggaam. Wanneer jy moeg voel, probeer eerder ‘n ander metodes vind wat jou energie vlakke kan opstoot.
Hier is ‘n paar metodes om jou energie vlakke te verhoog.
Min Slaap
Die doel is om slimmer te leer, nie harder nie. Niks goed kom ooit uit ‘n oormoeg brein nie. Maak seker jy begin vroegtydig studeer om te verhoed dat jy die aand voor die tyd alles op een slag wil leer en niks slaap inkry nie.
Gebruik van te veel Elektroniese toestelle
Televisie en selfone is nie goed vir jou oë nie, so wanneer jy terug keer na jou studies nadat jy dit gebruik het, sal jy moeg voel in plaas van verfris.
Jy kan ook daaraan verslaaf raak en sodoende sal dit inmeng met jou studie tyd.
Swaer maaltye
Dit word nie aanbeveel om tydens jou studies swaer maaltye te eet nie. Dit sal jou vol en slaperig laat voel.
Handhaaf ‘n gesonde gebalanseerde dieet en moenie etes oorslaap nie. Jou brein het die energieke kos nodig om aktief te bly.
Raak ontslae van Afleidings
Voordat jy met jou studies begin, maak ‘n lys van al afleidings en maak seker dat jy dit vermy gedurende jou studie tydperk.
10 swak studie gewoontes om te vermy
Hier is 10 swak studie gewoontes wat jou kan verhoed om ordentlik te studeer:
- Deur die nag studeer
- Doen meer as een ding op ‘n slag
- Luister na musiek
- Nie-bywoning van klasse
- Jy maak nie ‘n uiteensetting
- Die gebruik van sosiale media terwyl jy studeer
- Nie aktief studeer nie
- Jy is nie georganiseerd nie
- Jy het nie ‘n studie spasie nie
- Uitstel
Deur die nag studeer
Wanneer jy voorberei vir ‘n eksamen is dit beter om elke aand 2 tot 3 ure te studeer, as wat jy alles in een nag wil probeer onthou. As jy oor ‘n tydperk studeer, is dit makliker vir jou om die inligting te prosesseer en te verstaan.
Doen meer as een ding op ‘n slag
Dit is altyd beter om net op een ding te konsentreer. Jy is minder produktief wanneer jou aandag op meer dinge gefokus is.
Luister na musiek
Navorsing het getoon dat musiek jou nie help iets nuut of kompleks te leer nie. Musiek, veral met liedjies met lirieke, kan verwerkings ruimte opneem, wat dit vir jou sal moeilik maak om die werk wat jy leer te verstaan.
Nie-bywoning van klasse
Dit is belangrik om die werk wat jy moet leer te verstaan. As jy nie klasse bywoon nie, mag jy dalk die werk nie verstaan nie, wat dit moeilik sal maak om te leer.
Uiteensetting
Deur ‘n uiteensetting op te stel, sal dit jou help om op jou idees te organiseer asook jou te herinner wat jy moet leer, veral wanneer jy baie inligting het om te verwerk.
Die gebruik van sosiale media terwyl jy studeer
Jy moet probeer om nie te veel tyd aan jou sosiale media soos Facebook, Twitter, Instragram of enige ander sosiale media platform te spandeer, terwyl jy studeer nie.
Sosiale media is baie afleidend en kan baie van jou studie tyd in beslag neem.
Nie aktief studeer nie
Deur net nou en dan te studeer is nie genoeg nie. Probeer ‘n verskeidenheid van studie metodes, soos maak jou eie studie notas, stel vir jou ‘n vasvra op of maak gebruik van vorige vraestelle en memorandums.
Klik hier vir vorige vraestelle en memorandums.
Jy is nie georganiseerd nie
As jy nie goed georganiseerd is nie, sal jy dit moeilik vind om te studeer. Deur ‘n georganiseerde omgewing te handhaaf sal jou ‘n duidelike gemoedstoestand gee, wat jou help om makliker te studeer.
Jy het nie ‘n studie spasie nie
Om by die huis te studeer is nie maklik nie, daar is soms te veel dinge wat jou aandag kan aftrek. Probeer om vir jou ‘n spasie skep wat spesifiek is vir jou studies.
Uitstel is ‘n baie slegte gewoonte om te hê, veral as dit by jou studies kom.
Jy moet seker maak dat jy vir jou ‘n studie rooster opstel en daarby hou.
Vir wenke om ‘n studie-rooster te beplan, klik hier.
Soek jy na studie wenke, klik hier.
Outeur: Omega Fumba
Vertaler: Michelle Faddel