Wat is die verskil tussen ‘n kollege en universiteit?

Datum Gepubliseer: 17 Desember 2020

Het jy al ooit gewonder wat die verskil tussen ‘n kollege en universiteit is? 

Kolleges is meestal kleiner instellings wat voorgraadse opleiding aanbied, teenoor Universiteite wat voor- en nagraadse opleiding aanbied.  Universiteite is ook heelwat groter.

Instellings

  • Tradisionele Universiteite 
  • Universiteit van Tegnologie
  • Private Kolleges 
  • FET Kollege (TVET)
  • Afstandsonderrig Kolleges

Tradisionele Universiteite

‘n Universiteit is ‘n hoe-vlak opleidings instellings waar studente studeer vir grade en akademiese navorsing doen.  Universiteite bied ‘n wye reeks kursusse om van te kies.  

Universiteite bied voor- en nagraadse opleiding aan.  Daar is meer as 5 Suid Afrikaanse Universiteite ingesluit by die lys van 10 beste universiteite in Afrika.

Hier is van die instellings:

Universiteit van Tegnologie

Universiteite van tegnologie was voorheen bekend as tegnikons.  Byvoorbeeld die Pretoria Tegnikon is nou bekend as Tswane Universiteit van Tegnologie. 

Die belangrikste faktor wat Universiteite van Tegnologie van tradisionele Universiteite verskil, is dat Universiteite van Tegnologie op tegnologiese innovasie fokus en tegnologiese loopbaan-spesifieke opvoedkundige programme aanbied.  

Universiteite van Tegnologie skep geleenthede vir studente om ervaring en blootstelling te kry in hulle veld.

Privaat Kollege

‘n Privaat Kollege is ‘n onafhanklike instelling wat hul eie doelwitte en beleid bepaal en privaat befonds word. 

Privaat Kolleges is gewoonlik kleiner as publieke kolleges.  In Suid Afrika het ons verskillende soorte privaat kolleges.  Sommige van die wel bekende Privaat Kolleges is deel van ‘n instansie wat die Onafhanklike Instelling van Onderwys genoem word.

Van hierdie kolleges is:

FET Kolleges

FET staan vir Verdere Onderwys en Opleiding.  VOO-kolleges staan nou bekend as TVET-Kolleges (Tegniese en Beroepsgerigte Onderwys en Opleiding).  ‘n TVET-Kolleges is ‘n instelling wat by die Departement van Hoër Onderwys (DHET) geregistreer het.  

TVET-Kolleges beoog om Beroep- of Beroepsopleiding in ‘n spesifieke veld te bied.

Verdere opvoeding en opleiding beteken dat, sodra jy by ‘n kollege geregistreer is, jy ‘n wye verskeidenheid kursusse het om van te kies, wat die beste by jou vaardigheid pas.

Klik hier vir ‘n lys van TVET kolleges in Suid Afrika.

Afstandsonderrig

Afstandsonderrig is ‘n leermetode wat studente die geleentheid gee om op ‘n ander manier as die tradisionele skool manier te studeer.  

Afstandsonderrig gee jou ook die geleentheid om jou eie studies te bestuur.  Jy kan vir jou kwalifikasie studeer in die gemak van jou eie huis. 

Afstandsonderrig Kolleges

Hier is ‘n lys van hoogs aanbevole Afstandsonderrig Kolleges in Suid Afrika: 

Outeur: Omega Fumba 
Vertaler:  Michelle Faddel