Datum Gepubliseer: 8 Desember 2020
Afstandsonderrig is ‘n fantastiese manier om verder te studeer. Nie net sal jy jou kwalifikasies kry nie, afstandsonderrig sal jou ook vaardighede leer wat jy nie in die klas sou kon aanleer nie.
- Tydbestuur Vaardighede
- Tegniese Vermoëns
- Self motivering en dryfkrag
- Span Omgewing
- Tendens Vaardighede
Tydbestuur Vaardighede
Een van die grootste lesse van afstandsonderrig is tyd bestuur. Jy het ‘n sekere aantal werk wat afgehandel moet word voor ‘n sekere datum of eksamen. Indien dit nie afgehandel is nie, sal jy moontlik nie slaag nie.
As ‘n afstandsonderrig student sal jy leer hoe om jou tyd effektief te bestuur om sodoende jou werk betyds af te handel. Dit is veral waar vir studente wat studeer en werk.
As jy leer hoe om jou studies in jou veeleisende skedule in te pas, sal jy toegerus wees met tydbestuur vaardighede vir die toekoms.
Tegniese Vermoëns
Jy werk heeldag op die rekenaar, jy is op die internet en leer nuwe programme om jou werk te voltooi.
Dit gee jou ‘n voorsprong teenoor leerders wat handgeskrewe take in moet indien en aantekeninge moet maak tydens klas bywoning.
Jou Tegniese Vermoëns sal skitter. Jy kan al jou tegniese praktiese ervaring op jou CV sit en sal heelwaarskynlik die posisie daaroor kry.
Jy sal dinge soos die volgende leer:
- Microsoft Office
- Google Docs
- Toepassings vir Virtuele Vergadering
- Omskakeling van Dokumente na PDF
Self Motivering en Dryfkrag
Om jouself sover te kry om ‘n boek oop te maak, kan baie moeilik wees en uitstel kan ‘n baie maklike patroon word om te volg. Met afstandsonderrig, moet jy die motivering en dryfkrag hê om by te hou met jou besige skedule.
Leerders wat klas bywoon, maak staat op onderwysers om hulle betyds deur die werk te neem. Met afstandsonderrig sal jy leer om jou eie onderwyser te word en in die proses ook die vaardigheid aanleer om ander te leer.
Span Omgewing
Met afstandonderrig, moet jy saam met mense werk wat jy nog nooit ontmoet het nie en in staat wees om groep-projekte te organiseer. Nadat jy dit gedurende jou kursus gedoen het, sal jy in enige vorm van span omgewing kan floreer.
Tendens Vaardighede
Jy is heeldag aanlyn, met die hele wêreld onder jou vingerpunte. Met al die hulpbronne wat jy teëkom, die besprekings oor onderrig forums en die manier waarop jy moet werk, sal jy tendens vaardig raak.
Om tendense te verstaan is goed in byna enige bedryf, en is ‘n uitstekende manier om jou algemene kennis te verbeter.
Begin nou
Afstandsonderrig is baie voordelig en die toekoms van onderrig, so waarom begin jy nie vandag nie?
Klik hier om al die kursusse te sien wat Matriek Kollege aanbied.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel