Opsies nadat jy Matriek Misluk het

Datum Gepubliseer: 9 Desember 2020

Met die matriek eindeksamens in hul finale dae, is dit belangrik om te weet dat indien jy nie geslaag het nie, is daar ander opsies:

  • Herskryf jou matriek 
  • Matriek Opgradering
  • Studeer sonder ‘n Matriek Sertifikaat 

Hier is alles wat jy moet wees oor jou opsies nadat jy matriek misluk het.

Herskryf jou Matriek

Indien jy jou matriek misluk het, sal jou eerste opsies wees om dit oor te skryf.  Vra jou skoolhoof of jy weer vir jou matriek kan inskryf, om te verseker dat jy hierdie keer jou sertifikaat ontvang. 

Niemand wil hul matriek jaar oordoen nie, maar ‘n matriek sertifikaat is die enigste manier hoe jy by ‘n Universiteit en ‘n handvol kursusse kan inkom nie. 

Dit sal jou verdienste potensiaal ook verbeter en jou kans verhoog om ‘n goeie werk te kry.

Matriek Opgradering

‘n Matriek Opgradering sal vir jou werk indien jy net ‘n paar vakke moet oorskryf om jou punte te verbeter.

Wanneer jy jou matriek voltooi het, kan jy aansoek doen vir matriek opgradering, jy hoef ook nie dieselfde vakke te kies wat jy in matriek gehad het nie.

Jy kan vakke kies wat makliker vir jou sal wees of vakke wat jy nodig het om te kwalifiseer vir ‘n kursus van jou keuse. Al wat jy nodig het om aansoek te doen vir ‘n matriek opgradering is:

  • Bewys van jou matriek uitslae
  • Jou ID 

Studeer sonder ‘n Matriek Sertifikaat

Nie alle kursusse vereis ‘n matriek sertifikaat nie.  Indien jy nie terug skool toe kan gaan nie, of jou matriek kan opgradeer nie, kan jy altyd verder studeer sonder ‘n matriek sertifikaat.

Klik hier vir meer inligting om te studeer sonder ‘n Matriek Sertifikaat.

Hier is ‘n paar kolleges wat kursusse aanbied wat jy kan neem sonder ‘n matriek sertifikaat:

ICB Sonder Matriek

The Institute of Certified Bookkeepers is ‘n welbekende en hoogs aanbevole leer instelling wat kursusse in sake- en finansiële bestuur aanbied. 

ICB bied 5 Leerprogramme aan:  

4 uit die 5 programme vereis nie ‘n matriek sertifikaat vir die intree-vlakke nie.  Die enigste program wat wel ‘n matriek sertifikaat versoek is Kantoor Administrasie. 

Al die bogenoemde kursusse is skaars vaardighede.  Dit beteken dat hierdie kwalifikasies tans baie gewild in Suid Afrika is, en jy maklik ‘n werk, in die veld, sal kry. 

Elke program het die volgende kursusse:

Registreer

Dit is nie die einde van die wêreld as jy nie matriek geslaag het nie.  Jy kan steeds ‘n suksesvolle en winsgewende loopbaan bou met enige van die bogenoemde kwalifikasies.

Hoekom wag?

Skakel vandag nog vir Matriek Kollege by 012 762 7100 of vul hierdie vorm in en ons skakel jou terug.

Outeur: Andrea Frisby 
Vertaler: Michelle Faddel