Datum Gepubliseer: 5 Oktober 2020
Ja, ‘n matriek sertifikaat is baie belangrik om ‘n werk te kry, maar nie almal kan ‘n sertifikaat kry nie.
Hier is ‘n lys van betroubare kolleges waarvan jy kan kies, indien jy graag verder wil studeer sonder ‘n matriek sertifikaat.
Die voordele van afstandsonderrig
Met afstandsonderrig kom die vermoë om meer as een ding op ‘n slag te doen. Nog ‘n voordeel is dat jy baie geld kan spaar.
Hier is paar redes waarom jy afstandsonderrig moet kies:
Geen matriek is nodig: By al die kolleges genoem hieronder kan jy verder studeer sonder ‘n matriek sertifikaat.
Studeer en werk : Met afstandsonderrig, kan jy studeer terwyl jy werk. Dit beteken dat jy verder kan studeer, terwyl jy ‘n inkomste verdien.
Besparing op vervoerkostes: Omdat jy vanaf enige plek kan studeer, sal jy baie geld spaar op vervoerkostes
Kry bevordering terwyl jy studeer: As jy jou opleiding verbeter, terwyl jy studeer, is die kanse baie goed dat jy bevordering kan kry. Jy sal meer kennis opdoen en bekwaam wees om nuwe en meer uitdagende opdragte uit te voer.
Dit is gewoonlik goedkoper as voltydse studies: Dit alleen, is ‘n fantastiese rede om afstandsonderrig te kies.
Waar om te Studeer
Daar is baie afstandsonderrig kolleges om van te kies. Vandag gaan ons na 6 betroubare kolleges kyk, wat kursusse aanbied wat by almal se belangstelling sal pas.
The Skills Academy
The Skills Academy offer volle geakkrediteerde kursusse om te volg sonder matriek. Hulle is ‘n instelling wat daarin glo om hulle student te ondersteun om sukses te behaal.
Met hul kontant-terug-polis, kry jy geld terug; as jy jou kwalifikasie vroeër kry. Dit beteken as jy klaar maak in 10 maande, in plaas van 12, sal jy die geld terug kry vir die laaste 2 maande!
Meeste van die kursusse by The Skills Academy is baie toeganklik. As jy in Engels kan lees en skryf, met ‘n graad 10 sertifikaat, sal jy baie goed vaar!
Hier is die kursusse wat hulle aanbied.
Matric College
Matric College offer jou twee fantastiese maniere om jou loopbaan te verbeter. Doen jou matriek na die ouderdom van 21, of studeer verder!
Sou jy kies om deur hulle te studeer, word jou studie materiaal na jou ge-koerier. Studente vind ook baat by hul 24 uur ondersteuning. Matric College stel hulle student eerste!
Hulle maak afstandsonderrig maklik. Met personeel wat omgee, individuele hulp en ‘n vinnige koerier diens, waarvoor meer kan jy vra?
Kyk na die verskillende kursusse wat hulle aanbied hier.
Bellview Institute of Distance Learning
The Bellview Institute of Distance Learning is QCTO geakkrediteerd en bied verskeie kwalifikasies aan. Alle kwalifikasies kan behaal word sonder ‘n matriek sertifikaat.
Hierdie beroep kursusse is aangepas by ons professionele wêreld. Die Bellview Instituut sal jou help om jou loopbaan in jou veld te bou.
Studie materiaal en koerier, is ingesluit by die kostes – daar is geen verskuilde kostes nie. Van Rekeningkunde tot bemarking, kyk na die verskeie kursusse wat hulle aanbied hier.
The Learning Group
The Learning Group is ‘n fantastiese keuse vir diegene wat kreatief is. Met kursusse in skoonheid, velsorg, fotografie en vele meer, kan jy jou opleiding bevorder
Selfs kreatiwiteit kan jou help om jou loopbaan te bevorder. Met eersteklas ervaring in afstandsonderrig, kan jy studeer in die gemak van jou eie huis.
Kyk hier na watter kursusse hulle aanbied.
The Décor School
Nog ‘n tuiste vir die kreatiewe individu. The Décore School bied kwalifikasies aan in interieur ontwerp en binne versiering.
Hierdie kursusse kan help om enige ontwerp loopbaan te bevorder. By Décor School sal jy praktiese ondervinding kry in styl-voorspelling en vele meer.
Binnenshuise versiering en ontwerp kan ‘n baie winsgewende loopbaan wees!
Kyk hier na kursusse wat hulle aanbied.
Ember Academy
Laaste, maar nie die minste nie. Ember Academy is n fantastiese afstandsonderrig kollege vir die beroepsgerigte leerder. Om jou loopbaan te begin, word dit maklik gemaak met voortdurende kontak, aanlyn studiegroepe en strategiese ondersteuning totdat u slaag.
Die Ember Academy voorsien sy studente van eerstehandse vaardighede en kennis. Hierdie instrumente is noodsaaklik om ‘n suksesvolle loopbaan te bou. Met ICB-geakkrediteerde kursusse is die Ember Academy dalk net die regte keuse vir jou.
Vir meer inligting oor hulle kursusse, kyk hier.
Outeur: Andrea Frisby
Vertaling: Michelle Faddel