Suid Afrika is gevul met universiteite en kolleges

Datum Gepubliseer: 5 Oktober 2020

Suid Afrika is gevul met universiteite en kolleges.  Jy kan met hartelus kies, watter een die beste vir jou behoeftes sal wees.

Dit is van kardinale belang om behoorlik navorsing te doen oor elkeen van die instellings.  Begin met prys vergelykings, akkommodasie en vervoer kostes.

Maak ook seker dat die instelling wel jou vakkeuses aanbied.  Dit kan ‘n moeilike taak wees om alleen aan te pak.  Ons is hier om te help!  Hier is ‘n volledige lys van al die universiteite in Suid Afrika.

Dit is baie belangrik om die toelatingsvereistes te verstaan.  Toelatingsvereistes verskil van universiteite en kursusse.  Dit is waar jou matriek vakkeuses en APS telling  op jou matriek sertifikaat, ‘n reuse rol speel.   

By die lys van universiteite, voeg ons ook afstandsonderrig instellings by.  Dit sal diegene help wat graag wil studeer, terwyl hulle werk.

Openbare Universiteite

Openbare Universiteite word befonds deur ons regering.  Hierdie universiteite bied beide voorgraadse en nagraadse grade aan.  Publieke universiteite aanvaar ook student wat NSFAS beurse ontvang. 

Hier volg ‘n lys van al die universiteite wat in Suid Afrika se verskillende provinsies gevind kan word.

Weskaap

Gauteng

KwaZulu-Natal

Oos-Kaap

Vrystaat

Limpopo

Noord-Wes

Publieke Universiteite van Tegnologie

Universiteite van Tegnologie bied hoofsaaklik voorgraadse grade aan.  Sertifikaat en diplomas studies is ook beskikbaar.  Hulle fokus is meer gerig op praktiese grade, asook spesifieke beroep kursusse.  

Vir elk van hierdie grade of kursusse, word daar praktiese ervaring aangebied. 

Wes-Kaap

Gauteng

KwaZulu-Natal

Vrystaat

Mpumalanga

Noord-Kaap

Publieke Universiteite wat afstandsonderring aanbied

Daar is net een Universiteit in Suid Afrika wat afstandsonderrig aanbied.  As gevolg van COVID-19 pandemie, het baie universiteite hulself aangepas met die nuwe onderrig metode in 2020.  Sodra die inperking vlakke gelig word, sal net UNISA steeds ‘n afstandsonderrig universiteit bly.  Alle onderrig word deur korrespondensie gedoen.    

Sien lys van UNISA se Hoër sertifikate hier.

The University of South Africa. 
Volg die aansoek proses hier.

Afstandsonderrig Kolleges

Afstandsonderrig Kolleges is die beste keuse, as jy wil studeer terwyl jy werk.  Dit is nooit ‘n slegte idee om verder te studeer nie.  Dit maak nie saak hoe oud jy is nie, dit is moontlik!

Voordele van Afstandsonderrig

  • Geen Vervoer, Geen probleem! – Afstandsonderrig gee gemoedsrus, dat jy nie oor vervoer probleme hoef te stres nie.  Dit spaar jou ook tyd en geld. 
  • Bevordering – Jy kan studeer terwyl jy werk, en goeie bevordering kry.  Nuwe kwalifikasies beteken nuwe en beter posisies. 
  • Beplan jou eie skedule Jy kan besluit wanneer jy gedurende die week wil studeer.  Beplan jou eie skedule rondom jou beskikbaarheid.
  • Laer kostes – Afstandsonderrig is oor die algemeen baie goedkoper.  Dit is ‘n fantastiese voordeel sou jy graag verder wil studeer.

Skills Academy

Universiteite is nie die enigste instellings wat afstandsonderrig aanbied nie.  The Skills Academy bied verskeie kursusse aan. Elke kursus kan deur korrespondensie voltooi word.  Die instelling is ook ten volle geakkrediteerd.  Jy kan ook sonder ‘n matriek sertifikaat by The Skills Academy studeer. 

The Skills Academy sal jou studie materiaal na jou koerier en bied ook omvattende student ondersteuning aan.  Nog ‘n voordeel van hierdie instelling is hulle kontant-terug-waarborg.  Dit beteken dat indien jy jou kwalifikasie in ‘n korter tydperk kry, sal jy nie betaal vir die oorblywende maande nie.  ‘n Jaar fooi, kan dalk verminder word, na ‘n 10 maand fooi, indien jy hard werk.  

Suid Afrika had baie opsies vir tersiêre onderrig, maar jy moet besluit wat die beste vir jou gaan wees. Neem ‘n aanleg toets. Dit sal jou baie help, indien jy nog nie seker is oor jou beroep keuse nie.  Gaan loer na die kursusse wat hulle aanbied, dalk trek iets net jou aandag.

Matric College

Matric College is die perfekte instelling vir iemand wat graag hul matriek wil voltooi.  Of indien jy dalk jou matriek wil oordoen.  Hulle kan selfs kandidate met net ‘n graad 9 sertifikaat help. 

Indien dit van toepassing is op jou EN jy is ouer as 21, kan jy jou finale matriek sertifikaat hier kry.  As ‘n afstandsonderrig Instelling, kan jy met Matrick College van enige plek studeer.  Self in die gemak van jou eie huis. 

Hulle bied ook verskeie ander kursusse, wat jy kan voltooi sonder ’n matriek sertifikaat. Dit help almal wat nie die kans gehad het om hoërskool te voltooi nie.  Kyk na al hul kursusse hier

Bellview Institute of Distance Learning

Nog ‘n korrespondensie instelling is die Bellview Institute of Distance Learning. Hulle bied verskeie kursusse aan, wat voltooi kan word, terwyl jy werk. 

Die instelling voorsien die student van alle studie materiaal – teen geen ekstra koste. Indien jy belangstel, kyk na hul kursusse hier

The Learning Group

The Learning group bied verskeie kursusse aan, indien jy sou belangstel in afstandsonderrig.  Hierdie kursusse wissel van Skoonheidsterapie tot skryf skool.

Met ‘n geskiedenis van artistieke uitkomste, bied dit nou baie meer.  Indien jy belangstel in enige kreatiewe kursusse, is die regte plek vir jou. Kyk na hulle kursusse hier.

Ember Academy

‘n Ondersteunings instelling, Ember Academy is toegewyd om al hulle studente te ondersteun. Die korrespondensie instelling bied loopbaan gerigte kursusse aan.

Studente sal ondersteun word, totdat hulle slaag, maak nie saak hoe lank dit sal neem nie.   Hul kursusse sluit ‘n hoë aanvraag kwalifikasie in.  Voorbeelde sluit Rekeningkunde en Boekhouding in. 

Kyk hier om al die kursusse te sien wat die Akademie aanbied.

The Décor School

The Décor School is ‘n afdeling van The Learning Group, ‘n Afstandsonderrig Kollege wat spesialiseer in Kreatiewe Studies vanaf 1984,  en dit onderskei hom van ander afstandsonderwys kolleges deur sy studente ‘n reeks eksklusiewe voordele te bied.

The Décor School, in samewerking met The Learning Group, bied u trots ‘n reeks premium  binne versiering en ontwerp kursusse aan wat ontwerp is om voorsiening te maak vir sowel die beginner as die meer gevorderde interieur ontwerper wat meer wil leer oor hierdie kuns en ‘n baie interessante stokperdjie.

Outeur: Andrea Frisby
Vertaler: Michelle Faddel